Jy sal dalk die nommer-formaat van jou bedryfstelsel moet stel om sommige verslae te druk. Wanneer die “Begroting vs werklike” en “Huidige jaar vs vorige jaar” verslae druk, kan jy die volgende fout-boodskap teëkom: 

"Type conversion error 'Val':Expression TRpExpression46"

Die “Customize Format – Numbers” van jou Windows-bedryfstelsel se nommer-formaat moet soos volg gestel word:

  • Decimal symbol - (Desimale simbool) - stel op punt ( . )
  • Digit grouping symbol (Syfer groeperings simbool) - gestel op komma ( , ) 

Dit is 'n globale instelling vir alle Stelle Boeke op jou bedryfstelsel.

Om die getal-formaat van jou bedryfstelsel te verander:

  1. In enige aktiewe (oopgemaakte) Stel Boeke, kies Opstel → Dataparameters (Opstel-duimgids). 

Jy kan ook op die Opstel → Opstel onderneming - Opsies-oortjie - Stel die Windows datum/formaat/styl-knoppie (Opstel-duimgids) kliek.


  1. Op die "System Parameters"-skerm klik op die "Date/Time settings"-knoppie.  

  1. Op die "Formats"-oortjie, klik op die "Additional settings" ... knoppie.

  1. Op die "Numbers"-oortjie, die verstek-instellings (soos per nuwe installasie van Windows of op sommige nuwe toestelle), is die instellings wat verander moet word soos volg: 
    • Decimal symbol: (Desimale simbool) stel op punt ( . ) 
    • Digit grouping symbol (Syfer groepering simbool) stel op komma ( , )

As die "Digit grouping symbol" (Syfer groepering simbool) op leeg gestel is; en wanneer jy op die Druk-knoppie van die “Begroting vs werklike” en “Huidige jaar vs vorige jaar” verslae klik; sal dié verslae steeds nie druk nie maar produseer dieselfde fout; d.w.s. 

“Type conversion error 'Val':Expression TrpExpression46” 

  1. Nadat die getal-formate verander is, moet die "Example" op die "Numbers"-oortjie van die "Customize Format"-skerm soos volg vertoon: 

  1. Klik op die "Apply" en OK knoppies van die "Customize Format"-skerm - "Numbers" oortjie, sowel as die "Region - Formats" skerm. 
  2. Jy sal dalk osFinancials moet verlaat (toemaak) sodat hierdie veranderinge bygewerk kan word wanneer verslae genereer en gedruk word.