Dié duimgids is by verstek nie geaktiveer nie. Dié duimgids bied die gerief om kits toegang tot die funksies wat die meeste gebruik word, te bestuur. Die funksies wat op die duimgids geplaas word, kan tot in ses (6) groepe verdeel word. 

Indien gebruikers in die Opstel → Toegangsbeheer funksie geskep word, sal dit die pasgemaakte funksies vir elke gebruiker stoor. Daar is twee (2) opsies om hierdie Gebruiker-duimgids te aktiveer, naamlik: 

  • Outo-leer – Indien hierdie opsie gemerk is, sal elke funksie wat die gebruiker inisieer outomaties op die strook gevoeg word.
  • Redigeer – In die Opstel → Toegangsbeheer - “Usertabs” (Opstel-duimgids) kan jy funksies hand-matig byvoeg, skrap en / of die groepe waarin die funksies op die strook moet vertoon, wysig.

Die Gebruiker-oortjie kan verander of met die hand ingestel word in die "Usertabs"-oortjie op die Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids). Sodra jy die Gebruiker-duimgids met die kortpaaie (opsies) ingevul het, kan jy de-aktiveer (verwyder die regmerkie) in die "Outo-leer"-veld. By verstek, wanneer die Stel Boeke oopgemaak word, sal die Verstek-duimgids vertoon word. 

As die Gebruiker-duimgids geaktiveer is, sal die Gebruiker-duimgids outomaties vertoon word wanneer die Stel Boeke oopgemaak word.

'n Voorbeeld van die Gebruiker-duimgids, met pasgemaakte toegang tot funksies:

Jy kan ook die filteropsies gebruik om filterlêers te maak, filterlêers te stoor en filterlêers te laai.

As enige van die beheer-ikone bygevoeg word, kan jy dit van die "Gebruiker-oortjie" verwyder. Byvoorbeeld, "Doen jaar-einde" word net een keer per jaar uitgevoer, jy kan 'n ander kenmerk kies om dit te vervang, of dit eenvoudig uit die lys skrap.