Daar is verskeie opsies om die transaksies van oopitem rekeninge te filter en te bestuur. 

Kliek op die Oopitem koppel ikoon (Verstek -duimgids). Die oopitem koppel prosessering fasiliteit bestaan uit vier (4) oortjies, naamlik Totale, Transaksies, Ongeposteerde joernale en Verskuldig.

Totale-oortjie - Kies  / Filter rekeninge 

Om oopitem koppelings te redigeer:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie sal by verstek vertoon word.
  2. Kliek op die Filter knoppie om alle rekeninge wat as oopitem rekening gestel is, en waarteen transaksies in joernale en / of dokumente geposteer is, te lys.


  1. Indien rekeninge in blou reëls vertoon word, bestaan daar nie uitstaande of ongekoppel transaksies vir dié rekeninge nie.   

Indien rekeninge in oranje reëls vertoon word, bestaan daar moontlik uitstaande of ongekoppelde transaksies vir dié rekeninge. Hierdie rekeninge in oranje reëls behoort aandag in die oopitem prosessering te kry. 

  1. Filter opsies – Jy kan die Rekeningtipes kies (merk) om slegs dié spesifieke rekeningtipe (Grootboek, Debiteur of Krediteur) te lys. 

Rekeningtipe

1 – Debiteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Debiteur  - Rekeninginligting-oortjie.

2 – Krediteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Krediteur - Rekeninginligting-oortjie.

0 – Algemene grootboek - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

3 – Bankrekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

4 – BTW-rekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

Filter opsies

Filter opsies:  

  1. Soek per - Kies enige van die kolom-opskrifte en 'n operateur (bv. Soos (verstek), =, <, >, <=, => of <> ) en voer 'n waarde in. Klik op die Filter-knoppie. Slegs daardie transaksies wat ooreenstem met jou gespesifiseerde waardes sal gelys word. Om die waardes skoon te maak, klik op die Skoonmaak-knoppie. 
  2. Rekeningtipe - Kies (merk) of ontkies (verwyder die regmerkie) om die rekeninge vir die gekose rekeningtipe(s) (Grootboek, Debiteure of Krediteure) te lys. 
  3. Wys kleure - As hierdie veld gekies is, sal dit rooi of oranje kleure wys vir daardie rekeninge en transaksies wat verkeerde skakels het. 
  4. Vind ongeldige - Kies (merk) en klik op die Filter-knoppie om daardie rekeninge en transaksies wat verkeerde skakels het, te lys.
  5. limitrows - Beperk rye - 200 rye is die verstek aantal rye of transaksies wat gelys moet word. Die aantal rye kan gespesifiseer word (verminder of verhoog). 
  6. Uitvoer - Hierdie knoppie sal 'n "Export.txt" (Tekslêers) skep, wat jy die naam en vouer kan verander en stoor. 'n Komma-geskeide (CSV) lêerformaat is ook beskikbaar. Dit sal die lys, soos geselekteer en/of gefiltreer en in die Totale-oortjie vertoon word, as 'n kommageskeide tekslêer as 'n "Export.txt"-lêer uitvoer. Dié uitgevoerde lêer sal outomaties oopgemaak word in jou in jou stelsel se verstek toepassing (program) wat met die CSV (Comma Separated Values)-lêertipes) lêertipes geassosieer word.

Kolom-opskrifte

Die kolomme is soos volg:

  1. Rekening - Rekeningkode. 
  2. Beskrywing - Rekeningnaam of rekeningbeskrywing.
  3. Rekeningtipe - Grootboek (Algemene grootboekrekeninge, Bankrekeninge en Belastingrekeninge), Debiteure of Krediteure. Die rekeningtipe waardes is soos volg:

Rekeningtipe

1 – Debiteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Debiteur  - Rekeninginligting-oortjie.

2 – Krediteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Krediteur - Rekeninginligting-oortjie.

0 – Algemene grootboek - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

3 – Bankrekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

4 – BTW-rekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

  1. Transaksietotaal - Die totaal van die werklike transaksies in geposeerde joernale en dokumente.
  2. Totaal uitstaande - Die uitstaande totaal van uitstaande transaksies, wat nie gekoppel is nie. As die totale in die "Transaksietotaal" en "Totaal uitstaande" kolomme ooreenstem; of in die verstek stelsel-lettertipe vertoon word, beteken dit dat alle transaksies gekoppel is. In hierdie voorbeeld is die font-kleur van "AB Green", in 'n oranje font-kleur of ry agtergrondkleur. Dit dui aan dat daar sommige transaksies kan wees wat nie gekoppel is nie.

Jy kan ook kolomme na die "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om  kolomme te groepeer" balk sleep.

Konteks-kieslys

Regs-kliek op 'n geselekteerde rekening op die lys om die konteks-kieslys vir die volgende verwerkings-opsies te begin.