Die Ongeposteerde joernale-oortjie lys alle transaksies, wat in joernale vir oopitem rekeninge gekoppel is, maar nog nie na die grootboek geposteer is nie. 

Indien enige transaksies wat in joernale vir oopitem rekeninge bestaan, maar nog nie gekoppel is nie en nog nie na die grootboek geposteer is nie, sal die Ongeposteerde joernale-oortjie nie dié transaksies lys nie.

Wanneer transaksies in joernale ingesleutel word, en 'n oopitem rekening word gekies, sal die “Oopitem seleksie” skerm outomaties al die uitstaande transaksies lys. 

Indien 'n betaling ontvang word, kan jy die ontvangste aan spesifieke debiettransaksies of fakture koppel. 

Jy kan die geselekteerde transaksie se koppeling verwyder. Om dit te doen, regs-kliek op die gekoppelde transaksie en kies “Verwyder” op die konteks-kieslys. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word:

“Voortgaan met aksie Ontkoppel transaksie ?”  

Indien jy op Goed kliek, sal die transaksie  se koppeling verwyder word. 


Indien 'n transaksie in ‘n ongeposteerde joernaal reeds aan 'n uitstaande transaksie gekoppel is, sal daardie gekoppelde transaksie in 'n geel agtergrond kleur vertoon word.  

Jy kan ook 'n rekening op die "Joernaalinvoer"-skerm kies (regskliek op geselekteerde transaksie) en die "Kies vanaf rekening oopitemlys" opsie kies. Die "Oopitem seleksie"-skerm sal die ongekoppelde transaksies sowel as transaksies met uitstaande bedrae lys.