Die Transaksies-oortjie  sal die transaksies vir oopitem rekeninge lys. 

Oopitem koppel - Transaksies-oortjie - Alle transaksies

Slegs oop transaksies - By verstek is hierdie opsie nie gekies nie en sal alle transaksies lys, insluitend dié met 'n 0.00-saldo.


Oopitem koppel - Transaksies-oortjie - Slegs oop transaksies

Slegs oop transaksies - As hierdie veld gemerk is, sal dit slegs daardie transaksies met 'n waarde van meer as 0.00 in die "Verskuldig"-kolom lys.

Oopitem koppel - Transaksies-oortjie - Konteks-kieslys

Kies 'n rekening en 'n transaksie. Regs-kliek om die volgende opsies in die konteks-kieslys te kies::

  • Wysig betalingsdatum - Dit sal die sperdatum (datum in die "Verskuldig"-kolom) na 'n geselekteerde datum verander.
  • Ontvang betaling - Hierdie funksionaliteit sal outomaties die transaksies na die kwitansies vir 'n geselekteerde transaksie genereer en 'n gekombineerde kwitansie / betalingsadvies druk (indien gekies). Die transaksie sal outomaties na die grootboek oorgeboek (bygewerk) word.

Oopitem koppel - Transaksies-oortjie - Filter opsies

Filter opsies: 

  1. Soek per - Kies enige van die kolom-opskrifte of 'n opsie (byvoorbeeld. gelyksoortig (verstek), =, <, >, <=, =>, or <> ) en sleutel 'n waarde in. Kliek op die Filter* knoppie. Slegs dié transaksies wat met jou gespesifiseerde waardes ooreenstem, sal gelys word.  Om dié waardes te verwyder, kliek op die Skoonmaak knoppie.
  2. Rekeningtipe - Kies (merk) om slegs die rekeningtipes (Grootboek, Debiteur of Krediteur) te lys.   
  3. Slegs oop transaksies - By verstek, is hierdie opsie nie gekies nie. Alle transaksies insluitend dié transaksies met 'n nul (“0.00”) balanse, sal gelys word. Indien dié opsie gekies word, sal slegs die transaksies met 'n waarde van meer as nul (“0.00”) balanse in die “Verskuldig” kolom gelys word. 

Die Transaksies-oortjie van 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) se rekening, sal by verstek net die transaksies met uitstaande bedrae lys. Jy kan die "Alles" opsie kies om al die transaksies te sien, insluitend daardie gekoppelde (ooreenstemmende) transaksies.

Die Transaksies-oortjie van 'n geselekteerde krediteur (verskaffer) se rekening, sal by verstek net die transaksies met uitstaande bedrae lys. Jy kan die "Alles" opsie kies om al die transaksies te sien, insluitend daardie gekoppelde (ooreenstemmende) transaksies.

  1. Groep - Kliek op die “group” knoppie om die transaksies op die lys volgens die opsies ("Month, From today, By date" en "By year") te groepeer. 

Jy kan enige kolom kies en na die "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer” sleep. 

  1. Limit rows” - 200 reëls is die verstek aantal reëls vir transaksies wat gelys word. Jy kan die aantal reëls spesifiseer (vermeerder of verminder). 
  2. Uitvoer - Die transaksies vir die geselekteerde rekening sal in 'n teks-formaat (“Export.txt”) of ‘ komma gedelimiteerde (“Comma separated value”) (“Export.csv”) lêer uitgevoer word. Dié uitgevoerde lêer sal outomaties oopgemaak word in jou in jou stelsel se verstek toepassing (program) wat met die CSV (Comma Separated Values)-lêertipes) lêertipes geassosieer word.

Oopitem koppel - Transaksies-oortjie - Kolomme

Die kolomme is soos volg: 

  1. Rekening - Rekeningkode.
  2. Beskrywing - Rekeningnaam of rekeningbeskrywing. 
  3. Verwysing - Die verwysing soos ingevoer in die "Verwysing"-kolom vir elke transaksie in "Joernaal-invoer"-skerms. In die geval van Dokumente, sal die dokumentnommer gelys word. 
  4. Joernale - Die beskrywing soos in die "Beskrywing"-kolom vir elke transaksie in "Joernaal-invoer"-skerms ingevoer. In die geval van Dokumente, sal die dokumenttipe en verwysing soos ingevoer in die "Jou verwysing"-veld van die dokumentkop-afdeling van die "Dokument-invoer"-skerm gelys word. 
  5. Transaksietotaal - Die totaal van die werklike transaksies in geposeerde joernale en dokumente. 
  6. Verskuldig - Die verskuldigde bedrag lys die totaal van uitstaande vir transaksies, wat nie gekoppel is nie. As die totale in die "Transaksietotaal" en "Verskuldig" kolomme ooreenstem; of in die verstek-stelsel-lettertipe vertoon word, beteken dit dat alle transaksies gekoppel is. 
  7. Datum verskuldig - Die Sperdatum is die aantal dae wat by die werklike datum van die transaksie gevoeg word. Die aantal dae is op die Rekeninginligting-oortjie van debiteure- (kliënt / klant) rekeninge en op die Rekeninginligting-oortjie van krediteure (verskaffer) rekeninge.
  8. Datum - Die werklike datum van die transaksie in dokumente en joernale. 
  9. Rekeningtipe - Grootboek (Algemene grootboekrekeninge, Bankrekeninge en Belastingrekeninge), Debiteure of Krediteure.

Rekeningtipe

1 – Debiteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Debiteur  - Rekeninginligting-oortjie.

2 – Krediteurrekeninge - “Oopitem rekening” veld gekies (gemerk) in Krediteur - Rekeninginligting-oortjie.

0 – Algemene grootboek - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

3 – Bankrekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.

4 – BTW-rekeninge - “Oopitem rekening” veld as Ja in Rekeninge gestel.