Grafiek - Aankope per week
|
|
Die Grafiek-funksionaliteit vir elke dokumenttipe (d.w.s. Aankope) in Dokumente op die (Verstek-duimgids), stel jou in staat om jou aankope in 'n grafiek te filter, te ontleed en deur verskeie opsies in te sluit of uit te sluit in die grafiek, d.w.s.:
|
Die volgende twee (2) grafieke kan gekies word, om jou aankope vir 'n spesifieke periode te ontleed en te analiseer:
- Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede - Vertoon die aantal of hoeveelhede op jou aankope per week in 'n staafgrafiek.
- Grafiek - Aankope per week - Bedrag - Vertoon die totale bedrag (BTW-uitgesluit) op jou aankope per week in 'n staafgrafiek.
|
|
Hierdie grafiek sluit slegs aankope in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde aankope sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Grafiek - Aankope per week opsies
Om 'n Grafiek vir jou aankope per week te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Gebruikerverslae → Grafieke → Grafieke per week → Aankope → Aankope per periode..
- Die "Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede" is die verstek verslag. Jy kan ook die "Grafiek - Aankope per week - Bedrag" kies.

- Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies.
- Kliek Goed.
Gedruk : Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per week - Hoeveelhede", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale hoeveelhede van items op aankope per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Aankope - Die totale aantal eenhede van die aankope vir die geselekteerde periode.
Gedruk : Grafiek - Aankope per week - Bedrag
'n Voorbeeld van die "Grafiek - Aankope per week - Bedrag", is soos volg:

Die besonderhede, is soos volg:
- Vertikale as - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die aankope per week.
- Horisontale as - Die nommer van die week in die aantal weke in die kalender jaar (1 tot 52).
- Totale - Aankope - Die totale bedrag (BTW uitgesluit) van die aankope vir die geselekteerde periode.

