Opstel dokumente - Kwotasies
Om Kwotasies te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Opstel dokumente.
- Kies die Kwotasies-oortjie.

- Kies en / of sleutel die volgende opsies in:
- Volg. Kwotasienr. - Die kwotasies is reeds as KW000001 vir jou opgestel. In Engelse Stelle Boeke is dit as QU000001 (vir "Quotes") opgestel. Dit word aanbeveel dat die kwotasie se nommer met 'n voorvoegsel begin om dit van ander dokumente te onderskei, (byvoorbeeld, KW000001) en die dokumenttipe te identifiseer.
- Uitleglêer - Die uitleglêer wat jy hier kies, sal op alle kwotasies in die Stel Boeke druk.
|
|
Die universele Uitleglêer (een uitleglêer om alle dokumenttipes te druk) is by verstek vir alle Stelle Boeke vooraf gekies. Sien - Dokument uitleglêers wat beskikbaar is om jou met dié keuse te help. |
|
|
Jy kan ander uitleglêers vir 'n spesifieke debiteur (kliënt / klant) stel op die Afleweringsadres-oortjie Debiteure (Verstek-duimgids). |
- Uitleglêer 2 - Hierdie opsie is opsioneel. Indien jy 'n tweede uitdruk of in 'n ander formaat (uitleglêer) die kwotasies wil druk, kan jy ook 'n ander uitleglêer kies.
- Kwotasie opskrif - Hierdie opskrif word nie in die algemeen op uitleglêers gedruk nie. Dit word aanbeveel dat Kwotasie gebruik word.
- Kwotasieboodskap - Sleutel 'n boodskap in wat op alle kwotasies gedruk moet word.
- Kliek op die ander dokument-tipes om dit ook op te stel.
- Sodra jy klaar is, kliek Goed.

