Dokumente - Konteks-kieslys
Op die Dokumentinvoer-rooster skerm, regs-kliek om die konteks-kieslys te vertoon:

Die opsies, is soos volg:
- Verkoopspersoon – Alle verkoopspersone wat jy geskep het, sal hier gelys word. Indien jy 'n verkoopspersoon per abuis nie aan 'n dokument gekoppel het nie, kan jy dit steeds doen deur die betrokke dokument(e) te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte verkoopspersoon op die “Verkoopspersoon” op die konteks-kieslys te kies. Jy kan dit vir geposteerde sowel as ongeposteerde dokumente wysig.
- Stel verslaggroep1 - Alle dokumentgroepe wat jy vir Dokumentgroep 1 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy dokumentgroep1 per abuis nie aan 'n dokument gekoppel het nie, kan jy dit steeds doen deur die betrokke dokument(e) te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte dokumentgroep op die “Stel verslaggroep1” op die konteks-kieslys te kies. Jy kan dit vir geposteerde sowel as ongeposteerde dokumente wysig.
- Stel verslaggroep2 - Alle dokumentgroepe wat jy vir Dokumentgroep 2 geskep het, sal hier gelys word. Indien jy dokumentgroep2 per abuis nie aan 'n dokument gekoppel het nie, kan jy dit steeds doen deur die betrokke dokument(e) te kies. Jy hoef dan slegs te regs-kliek om die korrekte dokumentgroep op die “Stel verslaggroep2” op die konteks-kieslys te kies. Jy kan dit vir geposteerde sowel as ongeposteerde dokumente wysig.
- Dokumente -
|
|
Dié "Dokumente" konteks-kieslys opsie op die Dokument lys skerm verander vir die dokumenttipe gekies. Afhangende van of 'n geposteerde dokument; of 'n ongeposteerde dokument gekies word; is sommige konteks-kieslys opsies is nie beskikbaar nie, of addisionele spesifieke konteks-kieslys opsies kan bygevoeg word. Enkele voorbeelde is:
|
- Kopieer dokument – Skep 'n presiese kopie van die geselekteerde dokument(e). Jy kan dan die rekening verander, indien nodig. Jy kan ook die dokument(e) redigeer, indien nodig.
- Skep aankope vir verstekverskaffer1 – Skep 'n Bestelling vanaf geselekteerde Fakture en Kredietnotas vir die krediteurrekening (verskafferrekening) skep, indien die verstekverskaffer1 vir 'n voorraaditem (Voorraaditems (Verstek-duimgids)) gekies is.
- Omskep faktuur na bestelling – Skep 'n bestelling vanaf 'n geselekteerde faktuur of kwotasie. Die "Krediteurrekeninge" skerm sal vertoon word waarop jy 'n krediteur (verskaffer) rekening moet kies. Dit sal die omskepte faktuur of kwotasie as 'n nuwe dokument by die lys van bestellings voeg. Jy kan die bestelling wysig en dan die bestelling bevestig en na aankope omskep.
|
|
Slegs beskikbaar vir Fakture en Aankoop dokumente. Ongeposteerde Fakture en Aankoop-dokumente kan geredigeer word, alvorens dit na die grootboek opgedateer (geposteer) word. |
- Omskep na kredietnota / verskafferretoere – Indien fakture dokumenttipe gekies is, sal dit 'n kredietnota skep. Indien aankope dokumenttipe gekies is, sal 'n verskafferretoere dokument geskep word.
- Omskep dokumente na 'n enkele dokument – Dit sal, indien meer as een dokument gekies is, die geselekteerde dokumente na een dokument omskep.
|
|
Hierdie opsie is beskikbaar vir alle dokumenttipes, behalwe Fakture en Kredietnotas. |
- Herdoen korting op dokument – Indien die dokument nog nie na die grootboek opgedateer (geposteer) is nie, kan jy die korting in die dokument wysig wanneer jy die dokument redigeer.
- Verander rekening – Die opsie is slegs van toepassing op ongeposteerde dokumente. In die geval van fakture en kredietnotas kan jy 'n ander debiteurrekening kies. In die geval van aankope en verskafferretoere kan jy 'n ander krediteurrekening kies.
- Redigeer rekening – Die rekening vir die debiteur (kliënt / klant) wat op die fakture, kredietnotas en kwotasies voorkom, kan gewysig word. In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings, kan die rekening vir die krediteur gewysig word.
- Skep uitstaande bestelling om te lewer – Indien 'n uitstaande bestelling vir 'n debiteur (kliënt / klant) se rekening bestaan, kan jy hierdie opsie gebruik om 'n nuwe faktuur te skep vir die uitstaande bestellings om af te lewer. Dié opsie behoort die uitstaande bestellings vir die voorraaditem (indien daar onvoldoende voorraad is) op te dateer.
- Kopieer na - Kopieer 'n geselekteerde dokument of geselekteerde dokumente na enige ander dokumenttipe (d.i. fakture, kredietnotas en kwotasies, aankope, verskafferretoere of bestellings). Jy kan ook die dokument(e) redigeer, indien nodig.
- Skep rekening vanuit dokumentdetail - Jy kan 'n nuwe debiteur (kliënt / klant) rekening te skep vir ongeposteerde verkoopsdokumente (d.w.s. Fakture, Kredietnotas of Kwotasies) of 'n nuwe krediteur (verskaffer) rekening vir ongeposteerde aankoopdokumente (d.w.s. Aankope, Verskaffersretoere of Bestellings) deur die dokument besonderhede te gebruik.
- Bevestig - Jy kan die dokumentstatus vir ongeposteerde dokumente (d.w.s. Fakture, Kredietnotas, Aankope of Verskafferretoere), op die konteks-kieslys na "Bevestig" verander. Die "Status" van die ongeposteerde dokument sal verander vanaf "Oop" na "Bevestig". Wanneer "Bevestigde" ongeposeerde dokument (d.w.s. Fakture, Kredietnotas, Aankope of Verskafferretoere) na die grootboek opgedateer (geposteer) word, sal sal dit die dokument se "Status" van "Bevestig" na "Geposteer" verander.
- Spreadsheet import -
- Druk -
- Druk strepieskodes – Die opsie sal die vir elk van die voorraaditems op geselekteerde dokument(e) die voorraadkode, bedrag eksklusief van BTW asook die strepieskodes druk.
- Druk etikette – Druk etikette geselekteerde dokument(e). In die geval van fakture, kredietnotas en kwotasies sal etikette vir debiteure (kliënte / klante) se posadresse gedruk word. In die geval van aankope, verskafferretoere en bestellings, sal etikette vir krediteure se posadresse gedruk word.
- Ander opsies -
Dit sal die totaal inklusief van BTW, eksklusief van BTW asook die aantal rekords (dokumente) wat gekies is, vertoon.
- Wys detail – Indien jy dié opsie kies, sal die rekening beskrywing, dokument-nommer, voorraaditem, hoeveelhede, bedrag asook enige opmerkings vertoon word wanneer die muis-wyser oor 'n reël beweeg word. Om die funksie te de-aktiveer, kan jy “Versteek” kies.
- Oopitem koppel - Dit sal die “Oopitem koppel” skerm vir die debiteur- of krediteurrekening vir die geselekteerde dokument inisieer. Jy kan dan die nodige oopitem prosessering doen.
|
|
Slegs beskikbaar vir die Fakture / Aankope dokumenttipes. Kierdie opsie is nie van toepassing op ander dokumenttipes (Kwotasies, Kredietnotas, Bestellings en Verskafferretoere) nie. |
- Inprop aksie –
- Inprop massa aksie –
|
|
Sal in die onderskeie dokumentasie vir die inprop-programme gedokumenteer word. |
- Dokument koppelings – Nog nie getoets nie.

