By verstek word die besonderhede vir elke dokument wat die Dokumentinvoer-rooster skerm gelys word, in kolomme vertoon. Jy kan kies om die basiese besonderhede van die items, hoeveelhede kommentaar en opmerkings wat by dokumente gevoeg is, te wys. Wanneer 'n dokument gekies word of wanneer die muis-wyser oor 'n reël beweeg word, sal die basiese detail (besonderhede) vertoon word.

Die detail sal vertoon word ongeag of jy ander dokumenttipes kies. 

Die "Wys detail" sal slegs gedeaktiveer word wanneer jy: 

  • Op die Dokument-rooster skerm konteks-kieslys, die Ander opsies → Versteek opsie kies. 
  • Die Gereedskap → Sluit aktiewe vorms (Opstel-duimgids) kies.
  • Die Stel Boeke toemaak en heropen.

Om details vir dokumente te vertoon: 

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Dokumente (Dokumentinvoer-rooster skerm), kies die Dokumenttipe, as die korrekte dokumenttipe nie gekies is nie. 
  2. Regs-kliek op enige plek of op 'n geselekteerde dokument. Op die konteks-kieslys, kies die Ander opsies → Wys detail opsie. 

  1. Wanneer 'n dokument gekies word, sal dit die besonderhede van die dokument vertoon. 


Die detail (besonderhede) sal die volgende vertoon:    

  • Naam van debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) 
  • Dokumentnommer.
  • Voorraaditem beskrywing. 
  • Hoeveelheid (aantal items).
  • Prys (BTW ingesluit).
  • Kommentaar (indien beskikbaar).
  • Opmerkings (indien beskikbaar).

Om die Wys detail af te skakel:

Regs-kliek op 'n geselekteerde dokument. Op die konteks-kieslys, kies die Ander opsies → Versteek opsie.