Die voorraaditem-vorm is basies soortgelyk vir alle voorraaditems vir alle voorraaditem tipes

Afhangende van die tipe voorraaditem wat gekies is, kan sommige velde op die Grootboek-oortjie onaktief wees en sommige velde kan versteek wees. 

Vir sommige voorraaditem tipes kan addisionele oortjies bygevoeg word, bv. Opsies, Komponente en Gekoppelde items.  Wanneer jy dokumente prosesseer moet jy 'n Voorraaditems kies.

Die dokumenttipe  vir Verkoopsdokumente (Kwotasies, Fakture en Kredietnotas) en vir Aankoopdokumente (Bestellings, Aankope en Verskafferretoere) vir sal bepaal watter voorraaditem tipe in die voorraaditem-opsoek gekies kan word.

Om voorraaditems te skep: 

  1. Op die Vestek-duimgids, kies Voorraaditems of druk die F12 sleutel. 
  2. Kies 'n voorraad item en kliek op die Redigeer-knoppie. 

Jy kan ook op 'n geselekteerde voorraaditem dubbel-kliek om die voorraaditem-vorm oop te maak.

  1. Kies en sleutel die volgende in:
    1. Voorraadkode - Sleutel 'n kode vir die voorraaditem in. Die kode kan tot 15-karakters lank wees.. 
    2. Beskrywing - Sleutel 'n beskrywing vir die voorraaditem in.
    3. Strepieskode - Indien jy strepieskodes ("barcodes") gebruik, sleutel die gepaste strepieskode in. 

Die "EAN13 Barcode" valideer vir 13-nommers (die laaste nommer is 'n toets-nommer ("checksum number")). Indien die strepieskode nie korrek is nie, sal die etikette nie gedruk word nie. 

    1. Vervaardiger - Sleutel die nodige inligting van die vervaardiger in, indien beskikbaar.
    2. Tipe - Verstek tipe is die verstek voorraaditem tipe. Dit word hoofsaaklik vir handelsvoorraad gebruik. 

Sodra dokumente vir die voorraaditem geprosesseer word, sal die tipe nie verander kan word nie.  

Die voorraaditem tipes, is soos volg:

  1. Verstek (word gebruik vir handelsvoorraad)
  2. Finansiële inskrywing 
  3. Verkope 
  4. Verkope (geen voorraad) 
  5. Aankope 
  6. Aankope (geen voorraad) 
  7. Opsie item 
  8. Opsie item (geen voorraad) 
  9. Komponente ('BOM")
  10. Komponente (Produksie) 
  11. "Linked Sale"
    1. Eenheid - Kies a gepaste eenheid (byvoorbeeld Elk, Ure, ens.).    

Die Eenhede word in Opstel Voorraadinligting (Opstel-duimgids) geskep.

    1. Onaktief - By verstek, is voorraaditems aktief gestel.  
    2. Pas faktuurkorting toe - Hierdie opsie is by verstek gemerk. Dit is slegs van toepassing op debiteure (kliënte / klante). 

Die persentasie korting word in die "Debiteurkorting" veld op die Rekeninginligting-oortjie (Debiteure op die Verstek-duimgids) ingesleutel. 

    1. Ekstra beskrywing - Jy kan enige addisionele inligting of beskrywing vir die voorraaditem insleutel. (Dit is opsioneel).
    2. Verslae - Voorraadgroep 1 / 2 - Kies die voorraadgroep vir die voorraaditem. 

Die beskrywing van voorraadgroep 1 en / of 2 wat jy in die "Naam van verslaggroep" ingesleutel het, vir Voorraadgroep 1 of Voorraadgroep 2, sal hier vertoon word.  

Kies 'n gepaste Voorraadgroep 1 en of Voorraadgroep 2 wat in (Opstel → Groepe (Opstel-duimgids) ingesleutel is.

    1. Voorkeurverskaffer 1 - Indien jy 'n spesifieke verskaffer het waarvan jy dié voorraad item gereeld aankoop, kan jy die verskaffer kies. Jy kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.  
    2. Voorkeurverskaffer 2 - Indien jy 'n alternatiewe verskaffer het waarvan jy dié voorraad item kan aankoop, kan jy die verskaffer kies. Jy kan ook die item kode van die verskaffer insleutel.  
  1. Daar is ses (6) standaard oortjies vir voorraaditems:  
    1. Grootboek - Word gebruik om die voorraaditem aan rekeninge te koppel, verkoopspryse en waardes (kostes en aantal items) te spesifiseer. 
    2. Dokumentgroepe - Alle Verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Kwotasies en Punt-van-Verkope fakture) of Aankoopdokumente (Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) waarop die voorraaditem, gekies is, lys. 
    3. Transaksies - Alle Verkoopsdokumente (d.i. Fakture, Kredietnotas, Punt-van-Verkope fakture) of Aankoopdokumente (Aankope en Verskafferretoere) waarop die voorraaditem, gekies is, lys.  Dit sal slegs dokumente insluit wat na die grootboek bygewerk (geposteer) is. Kwotasies en Bestellings, sal nie gelys word nie.
    4. Beeld - Beelde (prente) vir elke voorraaditem word hier bygevoeg of geskrap. Hierdie beelde (prente) sal op die verskeie skerms vertoon.
    5. Multigroep Jy kan veelvuldige groepe aan die geselekteerde voorraaditem koppel. Die hoof verslaggroep (Voorraadgroep 1) word op die Verslae – Verslaggroep 1 veld van die “Voorraaditem” skerm gekies. Dieselfde lys vir Voorraadgroep 1 (Voorraadgroep 1) is beskikbaar. Jy kan 'n ander groep hier aan dié voorraaditem koppel.
    6. Uitstaande bestellings - Alle uitstaande bestellings (waar die aantal eenhede bestel meer is as die aantal eenhede versend wanneer fakture geprosesseer word) vir die debiteur (kliënt / klant) hier gelys. 

Opsie item-oortjie Indien die Opsie item of Opsie item (geen voorraad) voorraaditemtipe geskep word.

Komponente-oortjie - Indien die Komponente of Komponente (produksie) voorraaditemtipe geskep word.