Stel verstek-taal vir 'n Stel Boeke
Jy kan die taal-lêer vir 'n Stel Boeke stel of verander. Wanneer 'n Stel Boeke oopgemaak word, sal dit outomaties die taal-lêer laai. Alle skerms, verslae en uitleglêers is vertaalbaar via die taal-lêers. Jy kan ook die taal-lêer vir elke gebruiker instel. Wanneer 'n gebruiker 'n Stel Boeke oopmaak, sal die Stel Boeke outomaties oopgemaak word in die taal wat vir daardie gebruiker gestel is.
Om die verstek-taal vir 'n Stel Boeke te stel:
- Op die Opstel-duimgids, kies Toegangsbeheer.

- System lang - Die verstek-taal sal in hierdie veld vertoon word. Jy kan 'n ander taal vir die Stel Boeke stel. Die geselekteerde taal sal vertoon word elke keer as die Stel Boeke oopgemaak word.
- Language - Hierdie opsie word gebruik vir die Multi-Language accounts Stel Boeke.
|
|
Multi-Language accounts - Manual - Shop - Eenmalige lisensie - Dit is reeds moontlik om verskillende tale vir die koppelvlak (die knoppies) te kies. Maar hierdie inprop maak dit moontlik om die rekeningkunde in verskillende tale te doen. Per gebruiker kan jy 'n taal kies, sodat die gebruiker in sy/haar eie taal kan werk. Die Stel Boeke kan in verskillende tale bekyk word, daarom is dit moontlik dat 'n werknemer inligting in 'n Engelse Stel Boeke invoer en 'n boekhouer, ouditeur, ens. kan die Stel Boeke en / of verslae (byvoorbeeld,die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens. in 'n spesifieke taal taal sien, bv. Afrikaans, Nederlands, ens. |
- Klik op die Pas toe-knoppie om die veranderinge vir hierdie gebruiker te stoor.
- Sodra jy klaar is, klik op die Maak toe-knoppie om die "Toegangsbeheer"-skerm te verlaat.