Pasmaak osFinancials5
|
|
osFinancials5 installeer, by verstek, in die "Classic" tema. Die "Material"-tema (swart ikone) word vir die meeste van die onderwerpe in hierdie dokumentasie gebruik. Die temas kan in die Tema-opsie op die Opstel-duimgids gekies word. |
Die osFinancials-koppelvlak sal in die verstek "Engels"-taal vertoon word. osFinancials5 ondersteun 79 verskillende tale / belasting-regimes tale soos 87 Stelle Boeke (databasisse) wat afgelaai en aangepas kan word om aan jou vereistes te voldoen.
Afhangende van die Stel Boeke-sjabloon wat afgelaai is wanneer 'n Stel Boeke geskep word Skep 'n Stel Boeke (Skeppig assistent); of afgelaai vanaf die Product information → Technical information → Databases bladsy op die osFinancials-webwerf); sal osFinancials outomaties die koppelvlak-taal van die taal-lêer vertoon wat reeds aan elke Stel Boeke gekoppel is. (Opstel → Toegangsbeheer op die Opstel-duimgids).
|
|
Stelle Boeke in Afrikaans Jy kan enige van die beskikbare Stel Boeke wat in Afrikaans sal oopmaak gratis aflaai - Stelle Boeke en gekoppelde tale. Benewens die "AF-SUID-AFRIKA" Stel Boeke, is daar ook industrie spesifieke Stelle Boeke wat gratis afgelaai kan word (dit is, "BOERDERY, DIENS, KERK, MEDIES, VERVAARDIGING" en"WERKSWINKEL"). Jy kan ook die volgende Stel Boeke gebaseer op die Afrikaanse handleiding, wat in die “…\bin\Tutorials\AFRIKAANS\” gids geïnstalleer is oopmaak (dit is, NUTSMAN (Geen transaksies), NUTSMAN-A (Ongeposteerde transaksies) en NUTSMAN-B (Ongeposteerde transaksies). |
Jy kan van taal verander in die Switch language opsie (Begin-duimgids) om 'n ander taal te kies.

