Debiteure - Transaksies-oortjie
Enige transaksies wat vir daardie debiteur (kliënt / klant) rekening verwerk (na die grootboek geposteer of opgedateer) is, sal gelys word:
- Transaksies in joernale.
- Transaksies in dokumente (d.w.s. Fakture en Kredietnotas).
|
|
Om die Transaksies-oortjie deel van die skerm te maksimeer, klik op die |
Alles - nie gekies nie - Dit is die verstek opsie. Slegs transaksies met uitstaande bedrae sal gelys word:

|
|
Voordat jy state aan jou debiteure (kliënte / klante) stuur, word aanbeveel dat enige bedrae in die krediet-afdeling aan enige uitstaande fakture of debiettransaksies gekoppel word. |
|
|
Indien die debiteur (kliënt / klant) se rekening nie as 'n oopitem rekening gestel is nie, sal alle transaksies gelys word. |
Alles gekies - Alle transaksies word gelys. Daardie transaksies, wat ten volle gekoppel of vereffen is, sal 'n 0.00-bedrag in die "Uitstaande"-kolom vertoon:

Dit sal transaksies soos volg lys:
- Debiet - Dokumente (d.w.s. Fakture en Punt-van-verkope-fakture), Verkoopsjoernaal, Genereer veelvuldige transaksies (Rente op agterstallige debiteure, Debiteure met heffingsbedrag, Vaste bedrag aan alle debiteure), Openingsbalanse, ens. Dit sal enige transaksies lys, vir watter bedrae in die Debiet-kolom van joernale vertoon word.
- Krediet - Dokumente (d.w.s. Kredietnotas), Verkope-terugsendings joernaal, Ontvangstejoernaal, Genereer veelvuldige transaksies (Debiteure met minder as gespesifiseerde bedrag), ens. Dit sal enige transaksies lys waarvoor bedrae in die Krediet-kolom van joernale vertoon word.
|
|
.Jy kan op die kolom-opskrifte klik (d.i. Verwysing, Beskrywing, Datum, Bedrag of Uitstaande) om die sorteer-volgorde van die stygende na die dalende volgorde te verander. Jy kan ook enige van die kolom-opskrifte na links of regs klik en sleep om die volgorde waarin die kolomme vertoon moet word, te verander. |
|
|
Voordat jy debiteurstate stuur, word dit aanbeveel dat enige bedrae in die krediet-afdeling aan enige uitstaande fakture of debiettransaksies gekoppel word. |
Bekyk transaksies - Wys transaksies konteks-kieslys
- Kies 'n transaksie en klik op die Wys transaksies konteks-kieslys.
- Op die "Transaksies"-skerm, klik op die Druk-knoppie.

Die Bedrag eksklusiewe waardes is soos volg:
- Ongemerk = Bedrag eksklusief
- Gemerk = Bedrag ingesluit
'n Voorbeeld van die geposteerde joernaal verslag, is soos volg:

Bekyk transaksies - Wys transaksies-knoppie
T-Rekening
- Klik op die Wys transaksies-knoppie
- Kies 'n begindatum en 'n einddatum, indien nodig. Klik op die Druk-knoppie om die transaksies te druk, indien nodig.

|
|
Jy kan dubbelklik op 'n geselekteerde joernaalnommer om slegs die transaksies vir die geselekteerde dokument te sien. Byvoorbeeld, as jy net die transaksies vir faktuur "FA000019" wil bekyk en druk, dubbelklik op die joernaalnommer "10192" |
|
|
Show contra - Wys kontra - Hierdie opsie is by verstek nie gekies nie. Die kontrarekeninge sal nie in die "ledgerdetail"-verslag gedruk word wanneer jy op die Druk-knoppie van T-Rekeninge klik nie. Show contra opsie gekies - Wys kontra opsie gekies jy kan die Kontra-rekeninge in die T-Rekeninge sien. As jy op die Uitvoer-knoppie klik, sal die kontra-rekeninge in Kolom A van 'n Sigblad ingesluit word. Die Kontra-rekeninge bestaan uit die volgende, geskei deur 'n komma "G010000 Verkope,T860010 Uitset BTW - 15%" Dokumente
Joernale
|
Opsoek dokument
Jy kan regs-kliek op 'n geselekteerde dokument en kies "Opsoek dokument" op die konteks-kieslys van die "T-Rekeninge"-skerm.
Die geposteerde dokument sal in 'n alleenstaande "Dokument-invoer"-skerm vertoon word.

.Jy sal nie toegelaat word om die geposteerde dokument te redigeer of te wysig nie.
T-Rekeninge - Druk transaksies
Om die transaksies te druk, klik in die "T-Rekeninge"-skerm op die Druk-knoppie.

Bekyk 'n spesifieke geselekteerde joernaaltransaksie (bv. faktuur "FA000019" (joernaalnommer "10192")
T-Rekeninge - Uitvoer transaksies
Om transaksies in die "T-Rekeninge"-skerm uit te voer, klik op die Uitvoer-knoppie. Dit sal 'n "Export.txt" (Tekslêers) skep, wat jy die naam en vouer kan verander en stoor. 'n Komma-geskeide (CSV) lêerformaat is ook beskikbaar. Dit sal die lys, soos geselekteer en/of gefiltreer en in die "T-Rekeninge"-skerm vertoon word, as 'n kommageskeide tekslêer as 'n "Export.txt"-lêer uitvoer. Dié uitgevoerde lêer sal outomaties oopgemaak word in jou in jou stelsel se verstek toepassing (program) wat met die CSV (Comma Separated Values)-lêertipes) lêertipes geassosieer word.



