Die Datum verskuldig (betalingsdatum / sperdatum) word outomaties bereken deur die aantal dae (ingevoer in die "Dae verskuldig"-veld op die Rekeninginligting-oortjie van Debiteure-/ Krediteurerekeninge) by die datum van die dokument (d.w.s. fakture, kredietnotas, aankope en verskafferretoere) by te voeg) en die transaksiedatums wat in joernale ingevoer is.

Om die betalingsdatum te wysig:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie sal by verstek vertoon word.
  2. Kies die Transaksiess-oortjie. 
  3. Kies 'n rekening en regs-kliek om die "Wysig betalingsdatum"-opsie in die kontekskieslys te kies. Die "Wysig betalingsdatum" sal die huidige betaaldatums in die "Vanaf" (gedeaktiveer) en "Na"-velde vertoon. Kies of voer die nuwe betaaldatum in die "Na"-veld in. 
  4. Klik op die Goed-knoppie. Die nuwe betaaldatum sal in die "Datum verskuldig"-kolom vertoon word.