In die geval van krediteur (verskaffer) rekeninge, word krediettransaksies in die aankoopjoernaal of aankope (dokumentinvoer) verwerk. 

Sodra hierdie krediettransaksies opgedateer (geposteer) is na die grootboek is, en debiet-transaksies in die betalings-joernaal verwerk word, of verskafferretoere in dokumentinvoer), kan hierdie debiet-transaksies aan die krediet-transaksies gekoppel word. 

Sodra hierdie krediettransaksies aan 'n debiettransaksie gekoppel is, moet slegs die uitstaande transaksies (ongekoppelde) uitstaande transaksies gelys word. 

As al die transaksies nie gekoppel is nie, sal dit op die Totale-oortjie in oranje kleur aangedui word. Dit sal jou help om daardie rekeninge te identifiseer wat moontlik oop oopitem-verwerking benodig. 

  1. Wys kleure - As hierdie veld gekies is, sal dit oranje kleure wys vir daardie rekeninge en transaksies wat ongekoppelde transaksies het. 
  2. Vind ongeldige - Kies (merk) en klik op die Filter-knoppie om daardie rekeninge en transaksies te lys wat ongekoppelde transaksies het 

Dit is belangrik om seker te maak dat alle joernale en dokumente na die grootboek bygewerk is en dat alle transaksies gekoppel is, voordat krediteur betalingsadviese uitgestuur word. Die Ongeposteerde joernale-oortjie van "Oopitem koppel"-skerm,  sal slegs die gekoppelde transaksies wat reeds gekoppel is, maar nog nie na die grootboek geposteer (opgedateer) is nie, vertoon. 

Daar kan ook ongeposteerde dokumente en joernale wees wat gekoppel moet word sodra hierdie transaksies en dokumente na die grootboek geposteer (opgedateer) is. 

Om dit te sien, kies in Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Oopitem / Ouderdomsontleding verslae vir krediteur (verskaffer) rekeninge

Benewens die Ouderdomsontleding-ikoon op die Verslae-duimgids; of die Verskuldig-oortjie van Oopitem koppel-ikoon op die Verstek-duimgids; die volgende verslae is beskikbaar om oopitem krediteur (verskaffer) rekeninge te bestuur:  

Verslae-kieslys 

Transaksieverslae -

  • Transaksielys - Oopitem - Hierdie verslag lys slegs daardie uitstaande transaksies in dokumente en joernale wat na die grootboek geposteer (opgedateer) is. Dit sal slegs daardie transaksies met uitstaande bedrae lys.  Enige kredietbedrae, wat nie aan debiettransaksies gekoppel is nie, moet in Oopitem koppel (Verstek-duimgids) verwerk word.
  • Transaksielys - Hierdie verslag lys al die transaksies in dokumente en joernale wat na die grootboek geposteer (opgedateer) is. Alle transaksies sal gelys word, ongeag oopitem koppelings.

Krediteur betalingsadviese - 

Gebruikerverslae-kieslys

Ouderdomsontleding verslae -

  • Ouderdomsontleding - Balanse detail - Vertoon die verwysing, datum, bedrag en beskrywing vir elke transaksie. Die totaal uitstaande soos op die datum van veroudering word verdeel na die aantal dae gespesifiseer in tot 3 periodes.
  • Ouderdomsontleding - Balanse detail (oopitem) - Dit is soortgelyk aan die "Balanse detail"-verslag, maar dit vertoon die uitstaande bedrag en Transaksie-ID.
  • Ouderdomsontleding - Balanse - Dit is 'n soortgelyke verslag as die "Balanse detail"-verslag. Dit sal slegs die balanse vir elke veroudering-periode lys. 

Om die Oopitem koppel-skerm vir 'n debiteurerekening te begin: 

Dokumentinvoer konteks-kieslys 

Regs-kliek op 'n geselekteerde dokument. Op die konteks-kieslys, kies die Ander opsies → Oopitem koppel. Die Aankope, Verskafferretoere of Bestellings dokument tipe sal die "Oopitem koppel"-skerm lys wat met die krediteur (verskaffer) se rekening geassosieer word oopmaak. 

  1. Gaan na Oopitem koppel (Verstek-duimgids). 
  2. Op die lys rekeninge in die Totale-oortjie of die Transaksies-oortjie, kies die krediteur (verskaffer) rekening en dubbelklik. 
  3. Die "Oopitem koppel"-skerm vir 'n geselekteerde krediteur (verskaffer) rekening oopgemaak word.

  1. Al die uitstaande transaksies wat nie gekoppel is nie, terwyl transaksies in joernale en dokumente verwerk word, sal gelys word. Sodra alle transaksies vir 'n oopitem krediteur (verskaffer) rekening korrek gekoppel en verwerk is, behoort daar geen transaksies in die "Debiet"-afdeling van die skerm te wees nie:

Indien die transaksie vir Versafferretoer VR000002 nie aan Aankoop AK000008 gekoppel is nie, sal beide Versafferretoer VR000002 en Aankoop AK000008 op die "Krediteurtransaksies - Oopitem" verslag sowel as die "Krediteur Betalingsadvies - Uitstaande" gelys word.

Jy sal dalk die debiet-transaksies op die Oopitem koppel (Verstek-duimgids) moet koppel.

Transaksies-oortjie - Hierdie lys die geposteerde transaksies soortgelyk aan die "Oopitem koppel"-skerm. 

Alles - opsie nie gekies nie - Dit is die verstek opsie. Slegs diegene met uitstaande bedrae sal gelys word. 

Alles - opsie gekies - Alle transaksies sal gelys word. Daardie transaksies, wat ten volle gekoppel of vereffen is, sal 'n 0.00 bedrag in die "Uitstaande" kolom vertoon.


 Oopitem - prosessering opsies en filter opsies

Sien - Oopitem prosessering - Geselekteerde rekeninge