Oopitem - Geselekteerde rekening - Uitvoer na Sigblad
Die oopitem koppelings vir 'n geselekteerde rekening sal alle transaksies vir dié geselekteerde oopitem rekening lys. Dit sal ook die uitstaande bedrag (verskuldigde bedrag) vir elke transaksie lys. Jy kan die filter- en soek-opsies gebruik om die data wat by jou uitvoerlêer ingesluit moer word, te stel en die data, in 'n sigblad uitvoer en oopmaak.
Export options
Om oopitem transaksies vir 'n geselekteerde rekening uit te voer:
- Op die Verstek-duimgids, kies Oopitem koppel. Die Totale-oortjie sal by verstek vertoon word.
- Kliek op die Transaksie-oortjie (of op die Totale-oortjie).
- Kies die rekeningtipes, d.w.s. algemene grootboek rekening en/of debiteur (kliënt / klant) rekening en/of 'n krediteur (verskaffer) rekening op die Totale-oortjie of Transaksies-oortjie wat jy by die uitvoerlêer wil insluit.
- Kliek op die Filter knoppie om alle rekeninge (vir die geselekteerde rekeningtipes) wat as oopitem rekening gestel is, en waarteen transaksies in joernale en / of dokumente geposteer is, te lys.
- Kies 'n rekening en dubbel-kliek op die geselekteerde rekening.
|
|
Slegs uitstaande items sal by die uitvoerlêer ingesluit word. Die uitvoerlêer in die Rekeningstaat-opsie sal soortgelyk wees aan die verstek opsie vir 'n geselekteerde rekening. |

- Klik op die Uitvoer-knoppie.

- Kies die gids waarin jy die lêer wil stoor en voer 'n lêernaam in
|
|
As jy nie die Export.txt-lêernaam insleutel en stoor nie, kan jy bestaande (voorheen uitgevoer) lêers oorskryf. As 'n bestaande uitvoerlêer oopgemaak is, en jy probeer om 'n uitvoerlêer met dieselfde naam te stoor, sal 'n soortgelyke fout-boodskap as die volgende vertoon word: "Cannot create file "D:\UITVOER\Export.txt". The process cannot access the file because it is being used by another process." |
- Kies die tipe lêer. Tekslêers "Text files" (*.txt) is die verstek; of kies CSV-lêers (*.csv) (Comma Separated Values).
|
|
|
- Klik op die Stoor-knoppie. Dit sal die uitgevoerde lêer outomaties oopmaak (begin) in die program wat met die geselekteerde lêertipe geassosieer word.
Uitvoerlêer in Microsoft Excel oopgemaak
In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer (vir 'n geselekteerde debiteur- (kliënt / klant) rekening) outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:

Oopitem koppel - Geselekteerde rekening - Sigblad-kolomme
In hierdie voorbeeld word die uitgevoerde "Export.txt"-lêer (vir 'n geselekteerde debiteur- (kliënt / klant) rekening) outomaties in "Microsoft Excel" oopgemaak:
Die eerste 8 rye sal die volgende vertoon:
- Ry 1 - Besigheid se naam.
- Ry 2 - Besigheid se adres 1.
- Ry 3 - Besigheid se adres 2.
- Ry 4 - Besigheid se adres 3
- Ry 5 - Besigheid se poskode.
- Ry 6 - Besigheid telefoonnommer 1.
- Ry 7 - Datum en tydstempel waarop die uitvoerlêer geskep is.
- Ry 8 - Leeg.
- Ry 9 - Rekeningtipe - Debiteure, Krediteure of Grootboek (Rekeningkode ook ingesluit by die uitvoer).
- Ry 10 - Kontakpersoon - Slegs van toepassing indien Debiteure- of die Krediteurerekeningtipe uitgevoer word.
- Ry 11 - Adres - Slegs van toepassing indien Debiteure- of die Krediteurerekeningtipe uitgevoer word.
- Ry 12 - Adres 2 - Slegs van toepassing indien Debiteure- of die Krediteurerekeningtipe uitgevoer word.
- Ry 13 - Telefoon 1 - Slegs van toepassing indien Debiteure- of die Krediteurerekeningtipe uitgevoer word.
- Ry 14 - Telefoon 2 - Slegs van toepassing indien Debiteure- of die Krediteurerekeningtipe uitgevoer word
- Ry 15 - Kolom-opskrifte
Die uitgevoerde data sal in 8 kolomme uitgevoer word:
|
Kolom |
Kolom-opskrif |
Bron / velde |
|
A |
trn |
Transaksie ID |
|
B |
Verwysing |
Joernale = Verwysing ingevoer in verwysings-kolomme van joernaalinvoer-skerms Dokumente = Dokumentnommer |
|
C |
Datum |
Datum van die transaksie / Datum van die dokument |
|
D |
Bedrag |
Transaksietotaal |
|
E |
Uitstaande |
Totaal uitstaande |
|
F |
Beskrywing |
Joernale = Beskrywing ingevoer in Beskrywing-kolomme van Joernaalinvoer-skerms Dokumente = Dokumentnommer / Jou verwysing (op dokument-kop) |
|
G |
Koppel |
|


