By verstek is die “Enkelreël metode” opsie gekies (gemerk). Die besonderhede vir elk van die dokumente in die lys sal in 'n enkele reël vertoon word. 

As jy die “Enkelreël metode” opsie nie kies nie (merk verwyder), sal 'n balk (bo-aan die kolom-opskrifte) "Sleep 'n kolom hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" (bokant die kolom-opskrifte) vertoon word waarop data in geselekteerde kolomme gegroepeer kan word.

Enkelreël metode - gekies

Die besonderhede vir elk van die dokumente in die lys sal in 'n enkele reël vertoon word. Die “Enkelreël metode” opsie sal soos volg vertoon word:

Enkelreël metode - nie gekies nie

As die "Enkelreël metode" opsie nie gekies (gemerk) is nie sal 'n balk (bo-aan die kolom-opskrifte) "Sleep 'n kolom hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" vertoon word waarop data in geselekteerde kolomme gegroepeer kan word.

Alle soortgelyke data in kolomme sal saamgevoeg en gegroepeer vertoon word, bv. Datums, Dokumentgroepe, Verkoopspersoon, ens.

As jy jou rooster se uitleg wil behou, klik op die Stoor roosteruitleg-knoppie.