Begroting
Die begroting funksionaliteit word gebruik om begrotingsyfers in die Stel Boeke in te sleutel of te wysig. Begrotingsyfers word met die werklike syfers vergelyk.
Begrotings is ‘n riglyn van wat jy wil bereik. Begrotingsyfers kan buigbaar wees om seisoenale tendense in jou besigheid te reflekteer. Indien jy die maandelikse syfers wysig om by jou besigheid se omstandighede aan te pas, sal osFinancials kumulatiewe jaarlikse totale vir jou byhou.
Begrotings kan vir alle rekeninge ingesleutel en bygewerk word, behalwe vir die volgende rekeninge:
- Hoofrekeninge – Begrotings moet vir elke sub-rekening ingesleutel word. Die totaal van alle sub-rekeninge sal outomaties teen dié hoofrekeninge gesommeer word.
- Debiteurekontrolerekening – Jy kan egter die kredietlimiete vir elke individuele debiteur (kliënt / klant) se rekening op die Rekeninginligting-duimgids (Debiteur (Verstek-duimgids)) insleutel en wysig, indien nodig.
- Krediteurekontrolerekening – Jy kan egter die kredietlimiete vir elke individuele krediteur (verskaffer) se rekening op die Rekeninginligting-duimgids (Krediteur (Verstek-duimgids)) insleutel en wysig, indien nodig.
|
|
Die volgende nuwe kenmerke is bygevoeg:
|
Die Begroting ("Budgets") op die Verslae-duimgids, is 'n alternatiewe metode tot die standaard opsie om begrotings te verwerk as in Opstel → Rekeninge - Begroting-oortjie (Opstel-duimgids).
Begrotings word ook op die volgende skerms en verslae vertoon:
- Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 - Begrotingsyfers kan in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat of die Standaard kolombalanse verslagtipes gelys word, indien die "Begroting" opsie gekies is.
|
|
"Pivot" - Draai-tabelle Jy kan ook "Pivot" Draai-tabelle vir die begrotingsyfers in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat of die Standaard kolombalanse verslagtipes inisieer, indien die "Begroting" opsie in die gekies is. Sien 'n voorbeeld van die "Pivot" (Draai-tabel) in die Inkomstestaat vir die begroting. |
- T-Rekeninge - Die begrotingtransaksies kan ook in die T-Rekeninge gefiltreer, gedruk of na 'n sigblad uitgevoer word.
- Begroting-prestasie verslae - Die volgende verslae is beskikbaar om jou begroting vir geselekteerde periode(s) met die geposteerde transaksies in joernale en dokumente te vergelyk:
- Begroting vs werklike - Begroting met werklike totale te vergelyk om te bepaal of jou teikens behaal is en of jy te min of te veel spandeer het en of of jy te min inkomste gegenereer het, ens.
- Begroting versus werklike (3 periodes) - Verslae → Grootboek → Begroting (Verslae-duimgids).

