Begroting- Draai-tabelle (Pivot) - Rekeningontleder
Begroting - Inkomstestaat Draai-tabel (Pivot) opsies
Om 'n die begroting in 'n Draai-tabel ("Pivot") te genereer:
- Op die Verslae-duimgids, kies Grootboekontleder 1 of Grootboekontleder 2.
- Kies die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat en die Standaard kolombalanse verslagtipe.
- Kies (merk) die "Begroting" opsie.
- Kies die Per Periode - Kies die periode (d.i. “Jaar” - "2022/03/01 tot 2023/02/28") om die begroting vir 'n spesifieke jaar te vertoon vertoon.
- Klik op die Verslag-knoppie.

|
|
Knoppies 3, 2 en 1 onderaan die verslag - is kortpad-sleutels na die laaste toegang tot T-Rekeninge-opsies of Pivot-opsies (Draai-tabel-opsies). Hierdie kortpaaie sal nie beskikbaar wees nie, wanneer jy aktiewe vorms toemaak, of wanneer jy die Stel Boeke oopmaak. |
- Kliek op die Pivot-knoppie.
|
|
Jy kan regs-kliek in enige area van die verslag gebruik om die konteks-kieslys te begin:
|
- Die begrotingsyfers vir die geselekteerde periode sal vertoon word.

|
|
Jy kan op enige plek op die grafiek klik om die grafiek vir die volgende beskikbare data-vlak velde te vertoon. Die muis-wyser sal as 'n vergrootglas vertoon word en na die volgende datastel beweeg. In hierdie voorbeeld is "Date" ("Datum") gekies. Beweeg die muis oor grafiek-area sal die waardes vertoon, bv. "Amount for 2022/05/01 is 9400" |
- Kliek op die
ikoon in die Reël area (onder die “Proffit loss” data-stel) om die begroting se totale vir die rekeninge te lys. Klik op die
ikoon na “Proffit loss” om die begrotingtotale vir die rekeningtipes te lys (bv. Inkomste en Uitgawes finansiële kategorieë) vir die geselekteerde tydperk of datums. Die ikoon sal verander na
'n lys totale vir elke finansiële kategorie (d.w.s. Inkomste en Uitgawes).
|
|
Jy kan regs-kliek om die konteks-kieslys te inisieer en die volgende opsies te kies: |
- Sodra al die beskikbare kolomme uitgebrei is, moet die begroting vir die finansiële jaar soos volg vertoon word:

Verstek filter opsies
Die verstek filteropsies is soos volg:
- Transaction id - Transaksie-ID - Die transaksie-ID word outomaties bygevoeg vir geposeerde transaksies in joernale en dokumente sowel as begrotings-inskrywings.
- Cost group 1 - Kostesentrum 1 - Indien begrotings ingevoer is vir Kostesentrums (Kostesentrum 1), kan die Kostesentrums vir Kostesentrum 1 as filteropsies gekies word.
- Cost group 2 - Kostesentrum 2 - Indien begrotings ingevoer is vir Kostesentrums (Kostesentrum 2), kan die Kostesentrums vir Kostesentrum 2 as filteropsies gekies word.
- Account group 2 - Rekeninggroep 2 - Die groepe gestel vir Rekeninggroep 2 in Opstel → Groepe (Opstel-duimgids) en gekoppel aan Rekening 2 in Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids).
- Date / week - Datum / week - Die nommer van die week (van 1 tot 53).
- Debit - Debiet - Die debietbedrae.
- Credit - Krediet - Die kredietbedrae.
- Batch id - Joernaal-ID - Die joernaal-ID word outomaties gegenereer vir geposeerde transaksies in joernale en dokumente. In die geval van begrotings is die joernaal-ID "0" (nul).
- Reference - Verwysing - Die verstek-verwysing "BUDG" of jou verwysing soos ingevoer op die opsies-afdeling van die Begroting-oortjie. Kies die beskikbare verwysing(e) op die lys as filteropsies, soos verlang.
- Transaction description - Transaksiebeskrywing - Die verstekbeskrywing "Auto budget" of jou beskrywing soos ingevoer in die opsies-afdeling van die Begroting-oortjie. Kies die beskikbare beskrywing(s) op die lys as filteropsies, soos verlang.
- Balance account - Die waardes is soos volg:
- 0 = Inkomste en Uitgawe (Inkomstestaat) rekeninge
- 1 = Grootboekrekeninge gestel as Balansstaat-rekeningtipe. Hierdie kapitaal-, bates- en lasterekeninge word op die balansstaat gerapporteer.
- Amount - Bedrag - Die totale debietbedrae en kredietbedrae (vooraf 'n - (minus teken)) sal gelys word. Kies die beskikbare bedrag(e) op die lys as filteropsies, soos verlang.
- Income expense - Inkomste uitgawe - Die opsies is soos volg:
- True = Inkomste en Uitgawe (Inkomstestaat) rekeninge. Die totale van die Inkomste en Uitgawe (Inkomstestaat) rekeninge sal as "True Total" vertoon word.
- False = Kapitaal, Bates en Laste (Balansstaat) rekeninge. Die totale van die Kapitaal-, Bates en Laste (Balansstaat) rekeninge sal as "False Total" vertoon word.
- Account - Rekening - Alle rekeninge sal volgens rekeningkode en beskrywing gelys word. Kies die beskikbare rekening(e) op die lys as filteropsies, soos verlang.
- Year - Jaar - Die begrotingtotale sal vir elke kalenderjaar gelys word. Byvoorbeeld, as jou finansiële jaar op 1 Januarie 2022 begin en op 31 Desember 2022 eindig, sal slegs een (1) finansiële jaar gelys word, dit wil sê 2022. In hierdie voorbeeld begin die finansiële jaar op 1 Maart 2022 en eindig op 28 Februarie 2023, sal die totale gelys word vir 2022 en 2023. Kies die jaar op die lys as filteropsies, soos verlang.
- Month - Maand - Periode 0 tot 12 sal gelys word as jou Verslagdatums vir 'n 12 periodes gestel is (Opstel → Finansiële periodes (Opstel-duimgids), die tydperknommers sal gelys word. Kies die tydperk (maand) op die lys as filteropsies, soos verlang word.
- Date - Datum - Al die datums vir die geselekteerde tydperk of datums wat op die opsies-afdeling van die Begroting-oortjie gekies is, sal gelys word. Kies die beskikbare datum(s) op die lys as filteropsies, soos verlang.
Change sequence add / remove Pivot grid fields
Hide Pivot grid fields
Select a Pivot grid field, right-click, and select Hide on the context menu. The selected Pivot grid field will be removed from the grid. For example, If you do not use Cost centres, You may hide Cost group 1 and Cost group 2.

Verander die volgorde van kolomme
Om die volgorde waarin Draai-tabel velde (“Pivot grid fields”) vertoon word te verander, kan jy 'n Draai-tabel veld (“Pivot grid field”) kies en regs-kliek.
Kies die volgende opsies van die “Order” opsie op die konteks-kieslys:
- Move to Beginning - Skuif die geselekteerde veld voor die eerste veld.
- Move to End - Skuif die geselekteerde veld na die laaste veld.
- Move Left - Skuif die geselekteerde veld een posisie na links.
- Move Right – Skuif die geselekteerde veld een posisie na regs.
|
|
Jy kan met jou muis op 'n veld kliek en dit na links of regs sleep om die volgorde van die velde na die verlangde posisie te verander.
|
Filters
Regs-kliek om die "Show Field List" of die "Show Prefilter Dialog" opsies te inisieer.

PivotGrid Field List

Show Prefilter Dialog
Die "Prefilter Dialog" laat jou toe om pasgemaakte filters vir die Pivot (Draai-tabel)te skep.

In hierdie voorbeeld, is die Verwysing (“Reference”) as “BEG” gebruik. Dit sluit die Verkoperekening vir Maand 5 (Mei 2022) uit, aangesien 'n ander verwysing gebruik was om die maand se spesifieke begroting te prosesseer.
|
|
By verstek, sal alle , wat binne die periodes wat op die Begroting-duimgids gekies is, by die Draai-tabel ingesluit wees, wanneer die Draai-tabel geïnisieer word. Jy kan op die |
Stoor pasgemaakte filters
Nadat jy die filter gebou het (byvoorbeeld kondisies en groepe geskep het), kan jy die filter stoor vir toekomstige gebruik.
Om 'n pasgemaakte filter lêer te stoor:
- Kliek op die Stoor as... knoppie. Die “Stoor aktiewe filter” skerm sal vertoon word.
- Kies die omslag waarin jy die filter lêer wil stoor.
- Sleutel 'n naam vir dié filter in (vervang “naamlose flt” met jou eie naam).
- Kliek Stoor knoppie om die filter in die (*.flt) filter lêer formaat te stoor. Jy kan dan, wanneer nodig, dié filter lêer oopmaak en gebruik.
Maak pasgemaakte filter lêers oop
Indien jy 'n filter gebou het, en die filter gestoor het, kan jy die filter lêer weer oopmaak indien nodig.
Om 'n pasgemaakte filter lêer oop te maak:
- Kliek op die Maak oop... knoppie. Die “Maak gestoorde filter oop” skerm sal vertoon word.
- Kies die omslag waarin jy die filter lêer gestoor het.
- Kies 'n geldige filter lêer.
- Kliek Maak oop...- knoppie. Die geselekteerde filter se naam sal op die titelbalk van die “Maak filter” skerm vertoon word.
Kondisies
Die waardes van die kondisies, is soos volg:
- Gelyk aan - alle waardes wat gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Nie gelyk aan - alle waardes wat nie gelyk aan die gespesifiseerde waardes is nie, sal vertoon word.
- Minder as - alle waardes wat kleiner as die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Minder as of gelyk aan - alle waardes wat kleiner of gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Groter as - alle waardes wat groter as die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Groter as of gelyk aan - alle waardes wat groter of gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Is nul - enige waarde wat nul is, sal nie vertoon word nie.
- Is nie nul - enige waarde wat nie nul is nie, sal nie vertoon word nie.
- Tussen - spesifiseer die waardes, ens., om ingesluit te word. Dit sal slegs die waardes wat tussen die gespesifiseerde waardes val, vertoon.
- Nie tussen - spesifiseer die waardes, ens., om uitgesluit te word. Dit sal die waardes wat tussen die gespesifiseerde waardes val, nie te vertoon nie.
- In - in 'n gespesifiseerde waarde.
- Nie in - nie in 'n gespesifiseerde waarde nie.
|
|
Indien Datum vir 'n filter kondisie gekies is, sal addisionele kondisies (d.i. is gister, is vandag, is môre, “is last 7 days”, is verlede week, “is last 14 days, is last two weeks, is last 30 days”, is verlede maand, is verlede jaar, “is past”, is hierdie week, is hierdie maand, is hierdie jaar, “is next 7 days”, is volgende week, “is next 14 days, is next 2weeks, is next two weeks, is next 30 days”, is volgende maand, is volgende jaar, “is future”, ens.) beskikbaar wees. |
Kondisies
Die waardes van die kondisies, is soos volg:
- Gelyk aan - alle waardes wat gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Nie gelyk aan - alle waardes wat nie gelyk aan die gespesifiseerde waardes is nie, sal vertoon word.
- Minder as - alle waardes wat kleiner as die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Minder as of gelyk aan - alle waardes wat kleiner of gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Groter as - alle waardes wat groter as die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Groter as of gelyk aan - alle waardes wat groter of gelyk aan die gespesifiseerde waardes is, sal vertoon word.
- Is nul - enige waarde wat nul is, sal nie vertoon word nie.
- Is nie nul - enige waarde wat nie nul is nie, sal nie vertoon word nie.
- Tussen - spesifiseer die waardes, ens., om ingesluit te word. Dit sal slegs die waardes wat tussen die gespesifiseerde waardes val, vertoon.
- Nie tussen - spesifiseer die waardes, ens., om uitgesluit te word. Dit sal die waardes wat tussen die gespesifiseerde waardes val, nie te vertoon nie.
- In - in 'n gespesifiseerde waarde.
- Nie in - nie in 'n gespesifiseerde waarde nie.
|
|
Indien Datum vir 'n filter kondisie gekies is, sal addisionele kondisies (d.i. is gister, is vandag, is môre, “is last 7 days”, is verlede week, “is last 14 days, is last two weeks, is last 30 days”, is verlede maand, is verlede jaar, “is past”, is hierdie week, is hierdie maand, is hierdie jaar, “is next 7 days”, is volgende week, “is next 14 days, is next 2weeks, is next two weeks, is next 30 days”, is volgende maand, is volgende jaar, “is future”, ens.) beskikbaar wees. |
Pasmaak grafieke
Tipes Grafieke
Die verstek grafiek-diagram is die "Kolom-diagram" (“Column diagram”). Jy kan die een van die volgende diagramme kies om die grafiek te sien:

Series
By verstek word die "Bedrag" en "Debiet" en "Krediet" vertoon. Jy kan die regmerkie van die reeks verwyder of 'n regmerkie by 'n reeks voeg. Byvoorbeeld, as jy net die "Debiet" en "Krediet" bedrae wil sien, laat dit as gemerk; en as jy nie die “Bedrag” wil sien nie, verwyder die regmerkie.
Sorteer volgens: kies die opsies in die reeks om die volgorde waarin die data in die grafiek vertoon sal word, te verander.

Data groepe
Data groepe is leeg.
Opsies
Jy kan die verstek waardes vir die "Legend, Title, Toolbox" en "Other (Waarde Wenke)" verander volgens jou keuses.






