Indien dié "Begroting" opsie opsie in die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat en die Standaard kolombalanse verslagtipes gekies is, sal slegs die lyste vir begrotingsyfers lys. Die T-Rekeninge vir die begrotingsyfers kan gedruk of na 'n sigblad uitgevoer word. 

Begroting - T-Rekeninge 

Om 'n lys van begrotings in T-Rekeninge te druk:

  1. Indien die “Begroting” opsie op die “Proefbalans, Inkomstestaat” en “Balansstaat” verslagtipes gekies is, kan jy 'n rekening kies en regs-kliek. Kies die “Wys details” opsie. In hierdie voorbeeld is slegs dié "Verkope" rekening in die Inkomstestaat gekies: 

Vir die Standaard kolombalanse verslagtipe, moet jy op 'n bedrag dubbel-kliek om die T-Rekeninge skerm te inisieer.

  1. Die datums in die “Vanaf datum” en “Tot datum” velde, sal outomaties vertoon word volgens die periodes of datum(s) wat in die Grootboekontleder gekies is. Slegs die begroting vir die spesifieke periodes of datum(s) sal gelys word. Jy kan ander datums kies, indien nodig. Die begroting sal dan slegs vir dié datums gelys word. 

Die "Show contra" - "Wys kontra"-opsie sal nie die Kontra-rekeninge lys nie, aangesien geen Kontra-rekeninge vir begrotings beskikbaar is nie.

Die “Joernaalnommer” sal as “0” vertoon word.

  1. Kliek op die Druk knoppie.

Gedruk : Begroting - T-Rekeninge 

'n Voorbeeld van die begrotingsyfers vir dié "Verkope" rekening in die T-Rekeninge, is soos volg:


Die “Joernaalnommer” sal as “0” vertoon word.

Jy kan ook op die Uitvoer knoppie kliek om die begroting na 'n sigblad-toepassing (“spreadsheet”) uit te voer. 

Vir die Standaard kolombalanse verslagtipe, moet jy op 'n bedrag dubbel-kliek om die T-Rekeninge skerm te inisieer.

Die verwysing (d.i. “UITVER” ) wat in die “Verwysing” veld en die beskrywing (d.i. “Begroting Mei 2022 Uitverkoping”) wat in die “Beskrywing” veld ingesleutel is, sal ook op die gedrukte verslag vertoon word. 

Indien jy op die “Standaard kolombalanse” verslagtipe op 'n rekening regs-kliek, en die “Wys details” opsie kies sal die begroting nie gelys word nie. Dit sal die transaksies van geposteerde joernale en dokumente lys.