Jy kan tot twee (2) verslaggroepe vir jou algemene grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) opstel. Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 word gebruik om algemene grootboekrekeninge (Tabel van rekeninge) te struktureer en aan finansiële kategorieë te koppel. Dit sal die opsies bied wanneer verslae gedruk word om dié volgorde en struktuur waarin verslae in die Grootboekontleder 1 / 2 die Proefbalans, Inkomstestaat, Balansstaat, ens. gedruk word te stel. 

Om groepe te stel:

  1. Kliek op die Opstel-duimgids, en kies Opstel → Groepe.

  1. Indien jy die naam van Rekeninggroep 1 wil verander, vervang die beskrywing met jou eie beskrywing. Jou beskrywing of nuwe naam sal die naam van die Rekeninggroep 1 knoppie verander. 
  2. Om 'n nuwe groep tot die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" te voeg, kliek op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en kliek op die Nuwe knoppie.
  3. Sleutel die naam van jou Rekeninggoep in (byvoorbeeld, Inkomste, ens.) in. 
  4. Kliek weer op die "VERSLAGGROEP OORSPRONG" en herhaal die proses om ander rekeninggroepe te skep. 
  5. Jy kan ook verslaggroepe vir Rekeninggroep 2 skep. 
  6. Kliek Goed om jou rekords te stoor.

Jy kan op die Druk knoppie kliek om 'n lys van jou Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 te druk.

Jy kan die Skuif op en Skuif af knoppies gebruik om die volgorde te stel. Byvoorbeeld is Rekeninggroep 1 in die volgorde van Inkomste, Koste van verkope, Uitgawes, Kapitaal, Langtermynlaste, Bedryfslaste, Vaste bates en Bedryfsbates gestel.

Indien jy bates voor kapitaal en laste wil vertoon, kan jy op Rekeninggroep 2 soortgelyke rekeninggroepe skep en dit in die volgorde (Vaste bates2, Bedryfsbates2, Kapitaal2, Langtermynlaste2, Bedryfslaste2) stel.

Jy kan agtergrond- en fontkleure vir Rekeninggroep 1 en / of 2 stel wat in die Grootboekontleder 1 / 2 vertoon word. 

Om kleure vir rekeninggroepe te stel:

  1. Kliek op Agtergrondkleur, en kies 'n kleur.  
  2. Kyk op Voorbeeld en stel die Fontkleur, indien nodig.   
  3. Kliek Goed op die kleur skerm. 
  4. Herhaal die proses vir alle groepe, indien nodig.

In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:

Rekeninggroep 1

Rekeninggroep 2