Sodra Rekeninggroepe 1 en / of 2 is bygevoeg is, moet jy dié groepe aan een van die finansiële kategorieë (d.i. Bates, Laste, Kapitaal, Inkomste of Uitgawes) koppel.

Dit is belangrik om dié groepe aan dié korrekte finansiële kategorieë te koppel. Dit moet op die Rekeningkundige vergelyking gebaseer wees. 

Die volgende twee (2) opsies is beskikbaar om die groepe aan finansiële kategorieë te koppel (Opstel-duimgids):

  1. Opstel → Rekeninge.
  2. Opstel → Opstel → Finansiële kategorieë.

Om groepe aan finansiële kategorieë (Rekeninge) te koppel:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel → Rekeninge
  2. Kies "Finansiële kategorieë,  Verslaggroep 1" of "Verslaggroep 2" in die "Sorteer"-veld. 

  1. Om 'n nuwe groep by te voeg, klik op die Byvoeg:Groepe-ikoon. Tik die naam vir die groep in.
  2. Kies 'n groep en kies 'n finansiële kategorieë (d.i. Bates, Kapitaal, Laste, Inkomste of Uitgawes) van die lys. 
  3. Kliek Stoor
  4. Herhaal die proses vir al die Rekeninggroepe. 
  5. Sodra jy klaar is met Verslaggroep 1, kies Verslaggroep 2 en herhaal die proses. 

Die Stoor knoppie sal slegs (langs die naam-veld) vertoon word, indien enige wysigings gedoen is. 

Jy moet op die Stoor knoppie kliek om die wysigings te stoor. Indien jy dit nie doen nie, sal jou wysigings verlore wees.

Rekeninggroepe - Verslaggroep 1 en 2 – Jy kan ook die Skuif op, Skuif af opsies gebruik om die volgorde waarin die rekeninggroepe op skerms en verslae vertoon moet word, te struktureer.

Jy kan ook groepe vir Rekeninggroep 1 en / of Rekeninggroep 2 in die Opstel → Groepe) opsie skep, redigeer of skrap. 

In dié voorbeeld, is rekeninggroepe 1 en 2 in verskillende volgordes gestel:

Rekeninggroep 1

Rekeninggroep 2