Hulp en Ondersteuning
Die Hulp-kieslys (Begin-duimgids) lys die toegang-opsies en skakels tot die osFinancials-gemeenskap, asook inligting oor osFiancials.

Die Hulp-kieslys (Begin-duimgids) bestaan uit sewe (7) kieslys opsies:
- Hulp - Inisieer die osFinancials Hulp-lêer. Jy kan die F1 sleutel druk om die spesifieke onderwerp wat op sommige skerms van toepassing is, te vertoon.
|
|
Die Hulp-lêer is tans slegs in Engels beskikbaar. Afrikaanse Hulp is aanlyn beskikbaar: |
- Ondersteuning - Vertoon die kontakbesonderhede vir ondersteuning met die osFinancials program.
- Vertoon welkom - Die "Welkom by osFinancials" skerm sal by verstek vertoon word. Dit behoort die nuutste nuus van osFinancials, te vertoon.
|
|
Jy kan die Kalender as die verstek-aansig stel wanneer jy 'n Stel Boeke oopmaak. |
- Opdaterings - Hierdie opsie kan gebruik word om jou osFinancials program op te dateer. Alle installasie lêers wat beskikbaar is, sal gelys word. By verstek, sal die "Opdaterings" skerm vertoon word, wanneer jy osFinancials 5 begin. Jy kan die opsie de-aktiveer deur die merk in "Kyk vir opdaterings by begin" veld te verwyder.
- Forum - Skakel na die osFinancials Forum. Besigtig die nuutste items asook, soek en filter vir foute, vordering en onderwerpe en ouer items. Indien jy 'n navraag het of na 'n oplossing soek, mag jy moontlik 'n oplossing vind. Jy kan gerus enige foute, versoeke, ens. hier plaas.
- Webwinkel - Skakel na osFinancials webshop. Besoek gerus ons Webwinkel om die projek te ondersteun.
- Foutrapportering - Skakel na osFinancials Forum page. Indien jy 'n navraag het of na 'n oplossing soek, mag jy moontlik 'n oplossing vind. Jy kan gerus enige foute, versoeke, ens. hier plaas.


