Die "Welkom by osFinancials"-skerm sal by verstek vertoon word. Dit sal die jongste nuus van osFinancials lys. Om die "Welkom by osFinancials"-skerm te sluit of te verlaat, klik op X (Sluit). Om die "Welkom by osFinancials"-skerm weer te vertoon, kies Hulp → Vertoon welkom op die Begin-duimgids.

Jy kan die Kalender as die verstek stel om vertoon te word; in plaas van die "Welkom by osFinancials" skerm; wanneer jy 'n Stel Boeke oopmaak.