Met die F11:Kopieer opsie kan jy die items en / of opmerkings vanaf 'n ander bestaande dokument in die dokument wat jy besig is om te skep of redigeer, kopieer. 

Benewens hierdie opsie, kan jy ook dokumente kopieer vanuit die konteks-kieslys op die Dokumentinvoer-rooster-skerm:

  • Dokumente → Kopieer dokument 
  • Dokumente → Kopieer na - Bestelling, Aankoop, Verskafferretoer, Kwotasie, Faktuur of Kredietnota.

Om items en / of kommentaar / opmerkings vanaf 'n ander dokument te kopieer:

  1. Skep 'n nuwe dokument  of redigeer 'n bestaande dokument.
  2. Kliek F11:Kopieer. Die lys van beskikbare dokumente sal in die dokumentreëls seksie van die dokument vertoon word.

 

  1. Die opsies om 'n bestaande dokument te kies wat jy in die dokument wil kopieer, is soos volg: 
  2. Kies die dokument waarvandaan jy die transaksies en of opmerkings wil kopieer vanuit dié lys.  

By verstek, sal "Slegs dié rekening" opsie gemerk wees. Dit sal slegs die dokumente wat vir die debiteur (kliënt / klant) of krediteur (verskaffer) (waarvoor die dokument geskep of geredigeer word) geprosesseer was, lys.  

Die volgende filter en soek opsies is beskikbaar: 

  • Dokumentnommer - Sleutel 'n geldige dokumentnommer in, en kliek op die Filter knoppie. 
  • Slegs dié rekening - De-selekteer (verwyder die merk) en kliek op die Filter knoppie. Alle dokumente vir alle debiteur (kliënt / klant) en krediteur (verskaffer) rekeninge sal gelys word.
  • Alle dokumente - Kies (merk)  en kliek op die Filter knoppie om alle verkoopsdokumente en aankoopdokumente te lys.

As die "Alle dokumente" opsie gekies is - neem kennis van die volgende:

Die dokumentnommers vir Fakture, Kredietnotas, Aankope en Verskafferretoere, soos voorafgegaan in die  Opstel Opstel dokumente (Opstel-duimgids), maak dit maklik om die dokumenttipe te identifiseer. Benewens hierdie standaard dokumentnommers kan die volgende dokumente ingesluit word: 

  • Voorraadaansuiwerings - Dokumentnommers voorafgegaan met "ST" is 'n 7-syfer dokumentnommer. Dit word outomaties gegenereer wanneer Voorraadaansuiwerings gedoen word (veranderinge in die hoeveelhede voorhande). Hierdie Voorraadaansuiwerings toon geen transaksies nie en dit druk 'n leë Geposteerde joernaal verslae. 
  • Komponente (produksie) voorraaditemtipe - Aanmekaarsit / Uitmekaarhaal (Monteer / Demonteer) konteks-kieslys-opsies - Dokumentnommers voorafgegaan met "SA" sal 'n 7-syfernommer wees. 
  • Projek kwotasie - Dokumentnommers wat met "D" voorafgegaan word, sal 'n 7-syfernommer wees.

Dit word aanbeveel dat jy nie hierdie dokumente kies nie.

  1. Kies 'n dokument op die lys. 
  2. Kliek Goed. Alle transaksies en of kommentaar en opmerkings, sal in die dokumentreëls gekopieer word. 

Jy moet dalk die dokument redigeer deur:

  • Hoeveelhede (aantal items te vermeerder, verminder, items byvoeg of skrap, ens.).
  • Kommentaar en / of opmerkings wysig. 
  • Jy sal dalk die Skuif op- of Skuif af-opsies op die konteks-kieslys (dokumentreëls-afdeling) moet gebruik om die volgorde van transaksies en/of opmerkings te stel.

Hierdie opsie behoort slegs gebruik word om van verkoopsdokumente vir debiteure (kliënte/kliënte) (d.w.s. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) en aankoopdokumente vir krediteure (verskaffers) (d.w.s. Aankope, Verskafferretoere en Bestellings) te kopieer. 

  • Indien enige transaksies in aankoopdokumente (d.w.s. Aankoop, Verskafferretoere en Bestellings) na verkoopsdokumente gekopieer word (d.w.s. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies), sal die aankooppryse aangedui word. Jy kan dan enige van die verkooppryse vir die verkoopsdokumente kies. 
  • Indien enige transaksies in verkoopsdokumente (d.w.s. Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) na aankoopdokumente gekopieer word (d.w.s. Aankoop, Verskafferretoere en Bestellings), sal die verkooppryse aangedui word. Jy kan dan enige van die aankooppryse (kospryse) vir die aankoopdokumente kies.