F10:Skrap alles
Indien jy reeds 'n aantal items gekies het en / of opmerkings ingesleutel het, of selfs verkeerde dokument se transaksies gekopieer het (F11:Kopieer opsie), kan jy alle items en opmerkings skrap.
Om alle items en / of opmerkings te skrap:
- Kliek F10:Skrap alles. 'n Bevestiging-boodskap sal vertoon word:
"Is jy seker dat jy al die inskrywings in dié faktuur wil skrap?"
- Indien jy absoluut seker is, kliek Ja. Alle items en opmerkings sal vanuit die dokument verwyder word.
- Jy kan weer items kies en opmerkings insleutel of vanaf 'n ander dokument kopieer (F11:Kopieer opsie).
|
|
Indien jy per abuis, op die F10:Skrap alles opsie gekliek het, maar wou eintlik net 'n paar een of slegs 'n paar items en / of opmerkings skrap, kliek Nee. Jy kan dan slegs die enkele item(s) en / of opmerking(s), kies en die F12:^D:Skrap opsie kliek (of die F12 sleutel of die Ctrl + D sleutels druk), om die geselekteerde items en of opmerkings te skrap. |
|
|
Indien daar reeds oorhoofse korting vir dié ingesleutel was, moet jy ook op die F8:Korting kliek om die oorhoofse korting na nul te stel. Sleutel 'n zero persentasie in en druk die Enter sleutel. Indien jy weer items selekteer sal die korting nie van toepassing wees nie. |


