Die volgende twee (2) tipes strepieskodes is beskikbaar: 

  1. Strepieskode - Druk die voorraadkode, voorraadbeskrywing en die strepieskode. Die verkoopprys sal ook eksklusief van BTW gedruk word. 
  2. Yagoda Strepieskode - Druk die voorraadkode, voorraadbeskrywing en die strepieskode. Die verkoopprys sal nie gedruk word nie.

Voorraaditems - Etikette (Strepieskodes) opsies

Om voorraad strepieskode etikette te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Druk etikette
  2. Kies "Strepieskode" (verstek) of "Yagoda strepieskode"

  1. Kies die volgende: 
    1. Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s). 
    2. Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".
    3. Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gedruk word.
  1. Kliek Goed

Gedruk : Voorraaditems - Strepieskodes 

'n Voorbeeld van die "Strepieskode", is soos volg:

Gedruk : Voorraaditems - Yagoda Strepieskodes 

'n Voorbeeld van die "Yagoda strepieskode", is soos volg: