Dié "Krediteure - Betalingsadvies" sal alle transaksies lys. 

Krediteure betalingsadviese - Uitstaande - Dié betalingsadvies sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Transaksies wat ten volle in die Oopitem koppeling geprosesseer is, sal nie vertoon word nie.

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Krediteure - Betalingsadvies opsies

Om betalingsadviese vir krediteure te druk:

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Betalingsadvies. Die Krediteure - Betalingsadvies verslag-opsies sal vertoon word:

  1. Kies die datum; of sleutel die datum in. 
  2. Sleutel die aantal dae in (byvoorbeeld "30").
  3. Kies die rekening(e).
  4. Kliek Goed.   

Gedruk : Krediteure - Betalingsadvies

'n Voorbeeld van die "Krediteure - Betalingsadvies", is soos volg:

Die inligting is soos volg:

  1. Kop (Links) – Die krediteur (verskaffer) se inligting wat op die krediteur (verskaffer) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is (Krediteure - Verstek-duimgids).
  2. Kop (Regs) – Die onderneming se inligting wat in die OpstelOpstel onderneming opsie (Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is.   

Indien die onderneming se logo in die “Opsies” skerm van die OpstelOpstel onderneming opsie (Opstel-duimgids), gelaai is, sal die logo in plaas van die Onderneming se naam en vier (4) adresreëls asook telefoonnommer 1. telefoonnommer 2 en faks nommers, gedruk word.

  1. Betalingsadvies tot – Die datum soos wat in die “verslag-parameters” skerm ingesleutel of gekies is.  
  2. Transaksies – Die datum, verwysing en beskrywing asook die bedrag vir elke uitstaande transaksie sal gelys word. Die Betaaldatum is die datum van elke transaksie plus die aantal dae wat in die “Dae verskuldig” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die krediteur (verskaffer) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is. 
  3. Kredietlimiet - Die bedrag wat in die “Kredietlimiet” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die krediteur (verskaffer) se rekening ingesleutel is. Die Balans is die huidige balans van alle geposteerde joernale en dokumente op die krediteur (verskaffer) se rekening geprosesseer is. Die bedrag as Beskikbaar word outomaties bereken en is die verskil tussen die bedrae van die “Kredietlimiet” en die “Balans” velde.
  4. Betalingsadviesboodskap – Tot en met drie (3) reëls wat in die Afleweringsadres-oortjie van die krediteur (verskaffer)) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is (Krediteure - Verstek-duimgids).
  5. Bedrag betaalbaar en Datum verskuldig – Die bedrag betaalbaar asook die datum waarop dié bedrag betaalbaar is, word hier gedruk.