Die "Krediteurtransaksies - Standaard" en "Krediteurtransaksies - Ekstra" verslag lys alle transaksies wat in joernale en dokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) is. 

Die "Krediteurtransaksies - Ekstra" is soortgelyk aan die "Krediteurtransaksies - Standaard" verslag, maar die "Krediteurtransaksies - Ekstra" vertoon ekstra details aangaande die kontrarekening en BTW-rekening. (d.i. Die kontrarekening kode, en beskrywing, byvoorbeeld, 

"Kontrarekeninge G750000  Voorraadkontrole,T860020  Inset BTW Standaardkoers - 15%").

Openingsbalanse sal slegs vertoon word, indien die volle finansiële jaar vertoon word. 

Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie.

Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids).

Gedruk : Krediteurtransaksies - Standaard opsies

Om die Krediteure - Transaksies - Standaard  / Ekstra details te druk:

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Krediteure → Transaksies
  2. Die "Transaksies" (verstek opsie) sal vertoon word. Kies "Krediteurtransaksies - Standaard" of "Krediteurtransaksies - Ekstra".

  1. Kies die volgende opsies: 
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
    2. Vanaf rekening ...Tot rekening  - Kies die rekening(e). 
    3. Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
    4. Sluit nulbalanse in - Indien hierdie opsie nie gekies is nie, sal slegs die rekeninge met transaksies vertoon word. Om die rekeninge met nulbalanse te druk, merk hierdie opsie. 
    5. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. 
    6. Kostesentrum 1 / 2 - Indien jy kostesentrums geaktiveer het, kan jy 'n kostesentrum kies. 
  1. Kliek Goed

Gedruk : Krediteur transaksies - Standaard 

'n Voorbeeld van die "Krediteurtransaksies - Standaard" verslag, is soos volg: 


Gedruk : Krediteurtransaksies - Ekstra

'n Voorbeeld van die  "Krediteurtransaksies - Ekstra details" verslag, is soos volg:

Die besonderhede van die verslag, is soos volg:

  1. Bladsykop 1 - Die onderneming se besonderhede - Dit sal slegs op die eerste bladsy vertoon word.

Indien "Nuwe per rekening" opsie gekies word, sal die Onderneming se inligting nie vertoon word nie. 

  1. Bladsykop 2 - Die verslag se naam en die opsies wat op die verslag opsies skerm gekies was word op elke bladsy vertoon.  
  2. Bladsykop groep - Die rekening se kode en beskrywing. 
  3. Detail - Lys die transaksies se besonderhede vir elke rekening. 
    1. Verwysing - Die verwysingsnommer, soos wat in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, sal dit die dokumentnommer wees. 
    2. Datum - Die datum van die transaksie in joernale en dokumente. 
    3. Beskrywing - Die beskrywing soos in joernale ingesleutel is. In die geval van dokumente, is dit die voorraaditem se beskrywing wat op dokumente gekies is.
    4. Debiet - Transaksies met debiet bedrae.
    5. Bedrag - Transaksies met krediet bedrae. 
    6. Kum - Die akkumulerende totale van die transaksies. 
  1. Bladsyvoet - Groep - Totaal / Balans - Vertoon die totaal / balans vir die transaksies vir elke rekening.