Sodra transaksies bygevoeg en of geredigeer is, in die Wederkerende transaksies joernaalinvoer skerm, kan jy die transaksies invoer in die normale joernaalinvoer skerm deur die "Wederkerende transaksies" opsie op die F9:Prosesseer opsies te gebruik.

Om wederkerende transaksies te prosesseer:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Kies Algemene jnl. Kliek Maak oop

***Wederkerende Transaksies*** sal nie in die titelbalk verskyn nie, aangesien dit ‘n normale joernaal is. 

  1. Kliek F9:Prosesseer
  2. Kies die “Wederkerende transaksies” opsie. Kliek Goed.  

Indien jy 'n verwysing in die nuwe verwysingsveld insleutel, sal die verwysingsnommers nie outomaties geïnkrementeer word nie. 

Die verwysingsnommer wat hier ingesleutel word, sal op alle transaksies wat in die joernaal ingevoer word van toepassing wees. 

  1. Kies “Hierdie jaar”.
  2. Kies die periode (maand, d.i. “Maart 2022”) waarin die transaksies geprosesseer moet word. 
  3. In dié voorbeeld, word die “Voeg dit tot beskrywing” en die “Nuwe verwysing” velde blanko gelaat. Jy kan egter jou eie insleutel, indien nodig.
  4. Kliek Goed. Alle transaksies wat in dié wederkerende joernaal ingevoer is, sal in dié  joernaalinvoer skerm vir die Algemene joernaal ingevoer (gekopieer) word.
  5. Sleutel die joernaalnaam (alias) in. In hierdie voorbeeld is ''Depresiasie2203'' ingesleutel om aan te dui dat depresiasie transaksies in dié algemene joernaal vir Maart 2022 geprosesseer is. 

Die joernaalnaam (alias) is 'n unieke naam vir elke joernaal. Dit stel jou in staat om spesifieke joernaal te identifiseer. Dit is belangrik om dié fasiliteit te benut om tyd te spaar wanneer jy spesifieke joernale wil naspeur en verslae wil druk, geposteerde joernale wil invoer, ens.  

  1. Kliek F5:Balanseer om die joernaal weer te balanseer. Die transaksies behoort soos volg te vertoon: 

Dit is belangrik om te verseker dat alle bedrae nog dieselfde is alvorens jy dié joernaal posteer. Byvoorbeeld, indien jy die Mercedes-Benz verkoop het, moet jy dié transaksie vir die volgende maande skrap. 

Indien jy ‘n nuwe bate aangekoop het, moet jy ‘n nuwe inskrywing byvoeg. Jy kan dit op dié skerm doen, maar dit word aanbeveel dat jy dit in die Redigeer →  Wederkerende transaksies skerm (Verstek-duimgids) doen om te voorkom dat jy elke keer wanneer jy die Wederkerende transaksie joernaal wil posteer, die joernaal moet verander.

  1. Kliek F8:Lys om 'n lys van transaksies in dié joernaal te druk. 

Dit word aanbeveel dat die brondokument(e) (byvoorbeeld werkspapiere, berekenings, ens.) by die lys van transaksies aangeheg word en dat dit vir rekord- en ouditdoeleindes bewaar word.

  1. Kliek F6:Posteer om dié transaksies na die grootboek op te dateer.