Sodra die merker ("cursor") op sekere velde in die skerms van die osFinancials program geaktiveer word, sal die Rekeninge opsoek skerm outomaties vertoon word waarin jy spesifieke rekening kan selekteer. Nadat jy die betrokke rekening op die opsoek geselekteer het, sal die betrokke item in die veld vanwaar die opsoek skerm geïnisieer is, vertoon word. Die Rekeninge opsoek bevat al die geldige rekeninge wat in die Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) geskep of gewysig is waarvan jy een inskrywing moet selekteer. 

Sommige opsoek-skerms bevat alle rekeninge. Ander opsoek-skerms lys slegs grootboekrekeninge / slegs debiteurerekeninge en / slegs krediteurerekeninge.

De-aktiveerde of geblokkeerde rekeninge sal van sommige rekening opsoek lyste uitgesluit word. 

Debiteure / Krediteurerekeninge - "Rekening onaktief" veld gekies (gemerk) op Rekeninginligting-oortjie (Verstek-duimgids). 

Rekeninge - "Status"-veld gestel op "Onaktief". (Opstel → Rekeninge op die Opstel-duimgids). Byvoorbeeld; 

  • as 'n Grootboekrekening de-aktiveer is, sal dit nie op die Rekening-opsoek gelys word wanneer transaksies verwerk word nie. 
  • as 'n Belastingtipe rekening (Belastingkode) de-aktiveer is, sal die de-aktiveerde rekeninge nie in joernale op die Belasting-opsoek beskikbaar wees nie.

Rekeninge opsoek - Kontrarekening - Opsies vir die joernaal

Die laaste geselekteerde kontrarekening vir 'n joernaal sal in die joernaalinvoer seleksie skerm vertoon word. 

As geen kontrarekening in die Kontrarekening vertoon word nie, moet jy 'n kontrarekening kies. 

As 'n kontrarekening in die Kontrarekeningkolom vertoon word, en jy wil 'n ander kontrarekening vir 'n geselekteerde joernaal kies, kan jy dit verander. 

Die opsies om 'n kontrarekening te kies is soos volg:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Joernale (F2).
  2. Klik op F10:Opstel - Opsies vir dié joernaal - Standaard-oortjie. 
  3. Kies die Kontrarekening op die "Rekeninge" opsoek. 

Bankrekeninge - Betalings- en Ontvangste-joernale - Kies kontrarekeninge is de-aktiveer. Wanneer bankrekeninge geskep word, word 'n betalings- en ontvangste-joernaal aan die bankrekening gekoppel. Die bankrekening sal by verstek gestel word as die kontrarekening van die betalings- en ontvangste-joernaal.  Bankrekeninge word in 'n BLOU font-kleur vertoon.

Jy kan ook na die Opstel-duimgids gaan en Opstel → Joernaaltipes kies. Kies 'n joernaaltipe en klik dan op die Redigeer-knoppie om die F10:Opstel - Opsies vir hierdie joernaal - Standaard-oortjie te inisieer.

Rekeninge opsoek - Grootboek verslae

Rekeninge opsoek - Kies rekeninge vir joernaal-transaksies

Die rekeninge opsoek en die BTW-rekening opsoek sal outomaties filter (slegs die rekeningkodes of -beskrywings vertoon wat ingesleutel is, vertoon word). Alle ander rekeninge sal outomaties versteek word. Byvoorbeeld, indien jy "m" insleutel sal minder rekeninge vertoon word. Indien jy "me" insleutel, sal nog minder rekeninge gelys word. 

Die aantal rekords wat by jou soekkarakters pas, sal vertoon word. Jou soekkarakters wat ingevoer is, sal onderaan die soektog sowel as bo die kolombeskrywings vertoon word.

Bykomend tot dié gevorderde outomatiese filter opsies wanneer jy in die Rekening of BTW rekening kolomme gefokus is, kan jy dié opsoek lyste verder konfigureer. 

Na gelang van die spesifieke joernaal, kan jy die "Rekening opsoektipe" asook die "Kontrarekening opsoektipe" (F10:Opstel – Gevorderd-oortjie) stel om die rekeningtipes wat by die opsoek ingesluit of uitgesluit moet word:

  1. Alle (verstek-opsie) - Alle rekeningtipes. rekeninge, slegs rekeninge vir die “, ” of “” te lys. 
  2. Algemene grootboek - Alle rekeninge (Debiteure / Krediteure uitsluit).
  3. Debiteure - Slegs die rekeninge vir debiteure (kliënte / klante).
  4. Krediteure - Slegs die rekeninge vir krediteure (verskaffers).
  5. Oopitem - Alle rekeningtipes (d.w.s. Algemene grootboek, Debiteure, Krediteure wat as oopitem rekeninge gestel is.

Indien jy met die muis op enige plek in die joernaalinvoer skerm regs-kliek, sal daar sewe (7) opsies gelys word:

Bykomend tot die rekeninge kies funksie, kan jy die volgende opsies om rekeninge vir transaksies in joernale te kies: 

Konfigureer die rekeninge opsoek lys vir joernale

Om slegs die rekeninge te vertoon vir die spesifieke transaksies wat jy in die joernaal mag invoer, kan jy die rekeninge instel om in die opsoek gelys te word. 

Om dit te doen, kan jy die Rekeningkode opsoektipe opsie en die Kontra rekeningkode opsoektipe opsie op die F10:Opstel - Opsies vir hierdie joernaal - Gevorderd-oortjie, soos volg kies:

  1. Alle - Kies om alle rekeninge (d.i. Algemene grootboek, Debiteure-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge) te lys. 
  2. Algemene grootboek - Kies om slegs Algemene grootboekrekeninge te lys. (Debiteure-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer jy transaksies waarin geen debiteur- en krediteurrekeninge betrokke is nie, soos onder meer Waardevermindering- of aansuiwerings en regstellings vir algemene grootboekrekeninge. Ander voorbeelde is onder andere, kontant aankope in die Betalingsjoernaal en Kleinkasjoernaal (wat teen 'n uitgawe- of baterekening toegewys kan word). 
  3. Debiteure - Kies om slegs Debiteurrekeninge te lys. (Algemene Grootboek-, Krediteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer jy fakture vir verkoopstransaksies op krediet aan debiteure in die verkoopsjoernaal wil lys. 'n Ander voorbeeld is onder andere, wanneer jy die ontvangstejoernaal wil gebruik om slegs ontvangstes (kwitansies en deposito's) vir betalings wat jy vanaf debiteure ontvang, te boek wil stel. 
  4. Krediteure - Kies om slegs Krediteurrekeninge te lys. (Algemene grootboek-, Debiteure- en Spesiale grootboekrekeninge sal nie gelys word nie). Voorbeelde vir hierdie opsie is onder andere, wanneer jy aankoopfakture vir aankooptransaksies op krediet vanaf krediteure in die aankoopjoernaal wil lys. 'n Ander voorbeeld is onder andere, wanneer jy die betalingsjoernaal wil gebruik om slegs betalings wat aan krediteure op hul rekeninge (tjekteenblaaie, -rekwisisies, ens.) gemaak is, te boek wil stel. 

BTW opsoek - Kies BTW-kodes vir joernaal-transaksies

Die rekeninge opsoek en die BTW-rekening opsoek sal outomaties filter (slegs die rekeningkodes of -beskrywings vertoon wat ingesleutel is, vertoon word). Alle ander rekeninge sal outomaties versteek word. Byvoorbeeld, indien jy m insleutel sal minder rekeninge vertoon word. Indien jy me insleutel, sal nog minder rekeninge gelys word. 

As die "Geen BTW opsie" op die F10:Opstel - Opsies vir hierdie joernaal - Standaard-oortjie gemerk is, sal die Belastingkolom en Belastingopsoeklys nie vertoon word nie.

Die aantal rekords wat by jou soekkarakters pas, sal vertoon word. Jou soekkarakters wat ingevoer is, sal onderaan die soektog sowel as bo die kolombeskrywings vertoon word.

Skep rekeninge - Rekening bestaan nie

Indien jy 'n ongeldige rekeningkode, of beskrywing insleutel, sal 'n bevestiging-boodskap byvoorbeeld vertoon word.

“z Rekening bestaan nie! Wil jy dit skep?”  Die ongeldige karakter (z), is in die voorbeeld vertoon.

Indien jy op die Nee knoppie kliek, kan jy voortgaan om 'n ander rekening in die joernaal te kies.  

Indien jy op die Ja knoppie kliek, sal die volgende “Rekeningtipe” keuse skerm sal vertoon word:

  1. Debiteure - Skep 'n rekening vir 'n debiteur (kliënt / klant).
  2. Krediteure - Skep 'n rekening vir 'n krediteur (verskaffer).
  3. Bankrekening - Skep 'n rekening vir 'n bankrekening sowel as die ontvangste- en betalingsjoernale.
  4. BTW-rek. - Skep 'n rekening vir 'n BTW. Jy moet ook die BTW-koers insleutel. 
  5. Algemene grootboek - Skep enige ander rekening (inkomste-, uitgawe-, bate-, lasterekening, ens.). 

Indien jy op die Kanselleer knoppie kliek, kan jy voortgaan om 'n ander rekening in die joernaal te kies. 

Nadat jy 'n rekeningtipe gekies het, kan jy op Goed kliek. Sodra jy die rekening gestoor het, kan jy voortgaan om dié rekening in die joernaal te kies.