Druk enkel item - Herbestel hoeveelhede
Herbestel hoeveelhede
Die "Herbestel hoeveelhede" verslag sal die voorraadkode, voorraadbeskrywing, hoeveelheid voorhande, ongeposteerde fakture/aankope, herbestelvlak en hoeveelheid om te bestel vir elke voorraaditem lys.
|
|
Jy kan die "Herbestelverslag" of die "Huidige voorraadvlakke" verslae op die Verslae → Voorraad → Herbestel kieslys (Verslae-duimgids) kies om die details van herbestel en voorraadvlakke te druk. Jy kan 'n spesifieke voorraaditem of 'n reeks voorraaditems kies; of alle voorraaditems gekoppel aan 'n spesifieke Voorraadgroep 1. |
Herbestel hoeveelhede opsies
Druk enkel item (konteks-kieslys)
Die "Print single item" op die konteks-kieslys, sal dié verslag direk na die verstek-drukker stuur en nie na die "Reportman-besigtiging" skerm nie.
In hierdie voorbeeld, is die stelsel se verstek-drukker ingestel op "Microsoft print to PDF" waar jy 'n lêernaam moet invoer om die verslag as "PDF Document (*pdf)" lêertipe te stoor op die "Save Print Output As" skerm.

Verslag knoppie
Die Verslag knoppie sal die verslag vir alle voorraaditems druk.

