Verslaggroep 1 

Die "Verslaggroep 1" verslag vir voorraaditems sal die Voorraadkode, Voorraadbeskrywing, Hoeveelheid voorhande asook Verkoopprys 2 vir elke voorraaditem lys. Hierdie voorraaditems sal gegroepeer en gelys word vir elke Voorraadgroep 1 en die Eenheidbeskrywing.

Jy kan die "Alle verkooppryse"of die "Voorraaditemlys" verslag op die Verslae → Voorraad → Voorraaditemlys-kieslys (Verslae-duimgids) kies om al drie (3) verkooppryse te druk. Jy kan 'n spesifieke voorraaditem of 'n reeks voorraaditems kies.

Jy kan ook kies om slegs die voorraaditems wat aan geselekteerde voorraadgroep(e) vir Voorraadgroep 1 gekoppel is. te druk.

Verslaggroep 1 opsies

Druk enkel item (konteks-kieslys)

Die "Print single item" op die konteks-kieslys, sal dié verslag direk na die verstek-drukker stuur en nie na die "Reportman-besigtiging" skerm nie.

In hierdie voorbeeld, is die stelsel se verstek-drukker ingestel op "Microsoft print to PDF" waar jy 'n lêernaam moet invoer om die verslag as "PDF Document (*pdf)" lêertipe te stoor op die "Save Print Output As" skerm.


Verslag knoppie 

Die Verslag knoppie sal die verslag vir alle voorraaditems wat aan voorraadgroep 1 gekoppel is, druk.