Herbestelverslag - Huidige voorraadvlakke (Verslae-kieslys)
Die “Huidige voorraadvlakke” verslag lys alle voorraaditems se voorraadvlakke.
Herbestelverslag - Huidige voorraadvlakke opsies
Om voorraad herbestelverslag huidige voorraadvlakke te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Voorraad → Herbestelverslag.
- Kies "Huidige voorraadvlakke".

- Kies die volgende:
- Vanaf... Tot... - Kies die voorraaditem(s).
- Volgorde - Kies "Voorraadkode" of "Voorraadbeskrywing".
- Wys detail - By verstek is dié opsie nie gekies nie. Dit sal slegs die hoeveelhede vertoon. Om die detail te druk, merk dié opsie.
- Verslaggroep 1 - Jy kan een of meer verslaggroepe kies. Slegs die voorraaditems wat aan 'n geselekteerde verslaggroep(e) gekoppel is, sal gelys word.
- Kliek Goed.
Gedruk : Herbestelverslag - Huidige voorraadvlakke
'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" nie gekies nie), is soos volg:
Gedruk : Herbestelverslag - Huidige voorraadvlakke - Detail
'n Voorbeeld van die "Huidige voorraadvlakke - Herbestelverslag" ("Wys Detail" gekies), is soos volg:

