Uitstaande bestellings

Die "Uitstaande bestellings" verslag sal alle uitstaande bestellings lys wat nog nie bevestig is nie (na 'n aankoopdokument omskep is nie). Hierdie verslag sal alle onbevestigde bestellings vir elke krediteur (verskaffer) rekening lys volgens bestellingnommer, besteldatum voorraadhoeveelhede, voorraaditemkode, voorraaditem beskrywing en  Dokumentgroep 1 lys.

Jy kan 'n lys van die onbevestigde bestellings in die Verslae → Dokumente → Dokumentelys per rekening → Aankoopdokumente - Bestellings (Verslae-duimgids) druk. Die "Bevestig"-opsie op die verslag-parameters moet leeg wees (nie gemerk nie).

Uitstaande bestellings (onbebestigde) opsies

Druk enkel item (konteks-kieslys)

Die "Print single item" op die konteks-kieslys, sal dié verslag direk na die verstek-drukker stuur en nie na die "Reportman-besigtiging" skerm nie.

In hierdie voorbeeld, is die stelsel se verstek-drukker ingestel op "Microsoft print to PDF" waar jy 'n lêernaam moet invoer om die verslag as "PDF Document (*pdf)" lêertipe te stoor op die "Save Print Output As" skerm.


Verslag knoppie 

Die Verslag knoppie sal die verslag vir alle voorraaditems druk.