Die dokumentelys per rekening verslag kan jy kies om slegs die geposteerde of slegs die ongeposteerde Aankope of Verskafferretoere per krediteur (verskaffer) rekening te lys. 

Jy kan ook kies om slegs die bevestigde of slegs die onbevestigde Bestellings per krediteur (verskaffer) rekening te lys. 

Dokumentelys per rekening - Aankoopdokumente opsies

Om 'n Dokumentelys per rekening vir aankoopdokumente te druk: 

  1. Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Dokumente → Dokumentelys per rekening → Aankoopdokumente
  2. "Aankope" is die verstek verslag. Kies "Verskafferretoere" of "Bestellings". 

  1. Kies die volgende:
    1. Per periode - Kies 'n periode. Jy kan ook op die Per datum(s)-oortjie kliek om 'n spesifieke datum of 'n tydperk te kies. 
    2. Vanaf rekening... Na rekening... - Kies die rekening(e). 
    3. Volgorde - Kies "Krediteurkode" of "Beskrywing".
    4. Geposteer - By verstek is hierdie veld nie gekies nie. Dit sal slegs die "Aankope" of "Verskafferretoere" wat nog nie na die grootboek opgedateer (ongeposteer) is nie, lys. Indien hierdie opsie gekies is, sal slegs die "Aankope" of "Verskafferretoere" wat geposteer is (reeds na die grootboek opgedateer is), gelys word. 

Bestellings sal Bevestig vertoon waar jy kan kies om bevestigde of onbevestigde bestellings te lys. 

    1. Nuwe bladsy per rekening - Indien hierdie opsie gekies is, sal elke rekening op 'n nuwe bladsy gedruk word. 
  1. Kliek Goed

Gedruk : Dokumentelys per rekening - Aankoopdokumente 

'n Voorbeeld van die "Dokumentelys per rekening - Aankope" ("Geposteer" opsie gekies), is soos volg: