Druk enkel item - Uitstaande kwotasies
Uitstaande kwotasies
Die "Uitstaande kwotasies" verslag sal alle uitstaande kwotasies lys wat nog nie bevestig is nie (na 'n faktuur omskep is nie). Hierdie verslag sal alle onbevestigde bestellings vir elke debiteur (kliënt / klant) rekening lys volgens kwotasienommer, kwotasiedatum voorraad hoeveelhede, voorraaditem kode, voorraaditem beskrywing en Dokumentgroep 1 lys.
|
|
Jy kan 'n lys van die onbevestigde kwotasies in die Verslae → Dokumente → Dokumentelys per rekening → Verkoopsdokumente - Kwotasies (Verslae-duimgids) druk. Die "Bevestig"-opsie op die verslag-parameters moet leeg wees (nie gemerk nie). |
Uitstaande kwotasies (onbevestigde) opsies

Druk enkel item (konteks-kieslys)
Die "Print single item" op die konteks-kieslys, sal dié verslag direk na die verstek-drukker stuur en nie na die "Reportman-besigtiging" skerm nie.
In hierdie voorbeeld, is die stelsel se verstek-drukker ingestel op "Microsoft print to PDF" waar jy 'n lêernaam moet invoer om die verslag as "PDF Document (*pdf)" lêertipe te stoor op die "Save Print Output As" skerm.

Verslag knoppie
Die Verslag knoppie sal die verslag vir alle voorraaditems druk.

