osFinancials iconosFinancials banner

osFinancials 5 Business Class

Vrydag, 24 Maart 2023 - 12:18:29  

Nuwe kenmerke in osFinancials5

Begroting – 'n Nuwe makliker en vinniger metode om jou begroting te prosesseer - “Budgets” (Verslae-duimgids). Jy kan ook begroting vir 'n vorige jaar of selfs die werklike totale van jou rekeninge kopieer en redigeer. Dit is addisioneel tot die Begroting wat in die Opstel → Rekeninge (Opstel-duimgids) vir individuele rekeninge geprosesseer kan word. 

'n Draai-tabel (“Pivot”) is ook beskikbaar om jou Begroting te filtreer, te groepeer, te sorteer, ens.  

Tydinskrywings - Sien video - Bulk time entries 

In die Kalender kan jy nou Tydinskrywings vir geselekteerde debiteure (kliënte / klante) skeduleer. 'n Voorbeeld van tydinskrywings, is wanneer debiteure (kliënte) 'n opleidingskursus vir 'n week bespreek, kan jy die tye vir elke dag van die week skeduleer. 

Hierdie tydinskrywings sal veelvuldige datums en tye vir die geselekteerde vir geselekteerde debiteure (kliënte) as die “Ure” afspraak tipe skeduleer. 

Hierdie grootmaat tydinskrywings sal die veelvuldige afsprake vir 'n geselekteerde debiteur (kliënt / klant) rekening by die kalender voeg as ure tipe gebeurtenisse vir geselekteerde datums en tydgleuwe. Kwotasies kan vir hierdie geleenthede geskep word. Hierdie kwotasies kan geredigeer word, indien nodig en aan die debiteur (kliënt / klant) gestuur word. Sodra hierdie afsprake voltooi is, kan jy die kwotasies na fakture omskakel.

Sigblad verslae en die krag van Sigblaaie “Spreadsheets”

  • Sigblad verkope (Verstek-duimgids)
  • Sigblad verslae (Verslae-duimgids) – Sien video - Spreadsheet reports.

Sigblad Uitvoer / Invoer “Spreadsheet Export / Import” – Sien video - Improved Export/Import -

Met hierdie opsie kan jy data in jou Stel Boeke na 'n Sigblad uitvoer, die data redigeer en in 'n Sigblad weer invoer. Die Sigblad Uitvoer / Invoer is beskikbaar in die volgende funksies:

Opstel-duimgids:

  • Opstel → Rekeninge
  • Opstel → Groepe
  • Invoer – Rekeninge, Debiteure/Krediteure en Voorraad.

Verstek-duimgids:

Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2

  • Zoem in / Zoem uit + / - opsies geïmplementeer om die font van die teks op die skerms van die verslae in die Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 (Proefbalans, Inkomstestaat,, Balansstaat, ens. te vergroot of te verklein. Die opsies is ook in die Sigblad (“Spreadsheet”) komponent van die  osFinancials5 beskikbaar.
  • Pivot” – Draai-tabel (Spil-as tabel) geïmplementeer om die data van jou verslae, op skerm, te besigtig, filters te stel, data-stelle te groepeer en op spesifieke areas van jou data te analiseer, ens. Jy kan ook grafieke besigtig en die tipes grafieke stel. 
  • SBR view” – Standaard besigheid rapportering - Voeg “SBR references” verwysings tot rekeninge en Rekeninggroepe. Sodra dié verwysings gestel is, genereer jou verslae in die Grootboekontleder 1 / Grootboekontleder 2 en kliek op die “SBR view“ knoppie, en kopieer na jou knipbord. Maak jou Sigblad (“Spreadsheet”) oop en plak die inhoud van jou knipbord daarin. Jy kan dan die data in jou Sigblad verder analiseer, prosesseer, stoor, ens. 

Dokumente - Grafiek

Kliek op die Grafiek knoppie om die dokumente in 'n grafiek te besigtig. Jy kan die filter-opsies gebruik om 'n grafiek vir die dokumente slegs vir jou filter resultate of kriteria te besigtig.  

Sien video - Themes. Die waardes vir die kleure is in die “colors.ini” lêer in elk van die tema omslae gedefinieer. Hierdie dokumentasie is gebaseer op die “Material” tema. 

Ouserdomsontleding -"new age analysis reporting"en oopitem. 

Kies die opsies en besigtig die nuwe Ouderdomsontleding verslag op skerm en druk dit. Dié Ouderdomsontleding verslag kan ook op die Verskuldig-duimgids van die Oopitem koppel opsie op die Verstek-duimgids gegenereer word.