Opstel dokumente - Algemene nommers
Algemene nommers - Hierdie opsie sal eers geïnisieer word, sodra gebruikers in die Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) geskep is.
Die "Algemene nommers" opsie word gebruik in 'n multi-gebruiker omgewing. Hierdie opsie sal slegs beskikbaar en vertoon word as gebruikers in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids) geskep is.
Om die algemene nommers in te stel:
- Sodra gebruikers bygevoeg is in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids), kies Opstel → Opstel dokumente op die Opstel-duimgids.

- Kies (merk) die "Algemene nommers" opsie. 'n Lys van die gebruikers sal vertoon word. Kies die gebruiker uit die aftrek-lys; wat osFinancials sal gebruik om dokumentnommers te genereer.
- Klik Goed.
|
|
As die "Algemene nommers"-veld nie gekies (gemerk) is nie, sal osFinancials die dokumentnommers numeries genereer. |
|
|
.Jy kan ook die gebruiker kies uit die "Doc. no"-veld op die Dokumente-oortjie in Opstel → Toegangsbeheer (Opstel-duimgids).
|


