Die globale boodskap wat op rekeningstate (Opstel dokumente) ingesleutel is, sal op rekeningstate vir alle debiteure (kliënte / klante) gedruk word.  

Om 'n globale boodskap in te sleutel wat op debiteure se rekeningstate gedruk word:

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Opstel Opstel dokumente.  
  2. Kies Rekeningstate opstel-oortjie. 

 

  1. Sleutel die boodskap (tot 3 reëls) in.  
  2. Kliek Goed.  

Om 'n spesifieke boodskap in te sleutel wat op 'n spesifieke debiteur se rekeningstate gedruk sal word:

  1. Op die Verstek-duimgids, kies Debiteure (F4).
  2. Kies die debiteur (kliënt / klant) se rekening.
  3. Op die Afleweringsadres-oortjie, sleutel 'n boodskap (tot 3 reëls) in. 
  4. Kliek op die Stoor- of Goed-knoppie.