Wys / versteek bande en kolomme (Dokumente)
Wys / versteek bande
By verstek, sal al ses-en-dertig (36) kolomme vertoon en gelys word in die Dokumentinvoer-rooster skerm vir elke dokumenttipe.
Die kolomme is in twee (2) bande gegroepeer:
Jy kan die filteropsies gebruik om 'n spesifieke dokument, of alle dokumente met dieselfde waardes, in enige van die ses-en-dertig (36) kolomme te vind. Hierdie kolomme is soos volg:
- Linker-band - Lys die eerste vier (4) kolomme, d.w.s. ID (dokument-ID), Dokumentnommer, Datum van dokument en Beskrywing van rekening.
- Data-band - Lys die res van die kolomme Datum verskuldig, "Accid" (Rekening-ID), Gedruk, Bedrag inklusief, BTW-bedrag, Verwysing, Dokumentgroep 1, Dokumentgroep 2, Rekeningnommer, Verkoopspersoon, Bedrag eksklusief, Status, Boodskapreël 1 , Boodskapreël 2, Boodskapreël 3, Afleweringsadres 1, Afleweringsadres 2, Afleweringsadres 3, Afleweringsadres land, Posadres 1, Posadres 2, Posadres 3, Poskode, Land, Faktuuradres Besigheid, Faktuuradres Kontak, Afleweringsadres Besigheid, Afleweringsadres Kontak, E-posadres, Projek en Verskuldig (uitstaande bedrag).
Jy kan die filteropsies gebruik om 'n spesifieke dokument, of alle dokumente met dieselfde waardes, in enige van die ses-en-dertig (36) kolomme te vind en te groepeer. Hierdie kolomme is soos volg:
|
Verstek |
Sorted (gekies) - Alfabetiese lys |
|
|
|
Die opsies om bande te versteek of te wys, is soos volg:
- Versteek linker-band - Verwyder die regmerkie in die eerste merk-blokkie. Dit sal die ID, Dokument nr. Datum en Beskrywing kolomme versteek.
- Wys linker-band - Merk die eerste blokkie. Dit sal die verborge kolomme op die linker-band byvoeg.
- Versteek data-band - Verwyder die regmerkie in die tweede merk-blokkie. Dit sal alle kolomme in die data-band versteek.
- Wys data-band - Merk die tweede blokkie. Dit sal al die versteekte kolomme op die linker-band byvoeg.

|
|
Jy kan enige van die kolomme op die data-band na die linker-band en die kolomme van die linker-band na die data-band sleep en laat val, om die rooster vir jou vereistes aan te pas. |
Wys / Versteek kolomme
By verstek, sal al ses-en-dertig (36) kolomme vertoon en gelys word in die Dokumentinvoer-rooster skerm vir elke dokumenttipe.
Versteek / wys kolomme wat vertoon moet word:
- Kies die eerste blokkie in die kolom opskrifte. Dit sal 'n lys van alle velde vertoon.
- Verwyder die merk in die kolomme wat jy nie wil vertoon nie (versteek).
|
|
Jy kan die Op-pyltjie en/of die Af-pyltjie-sleutels gebruik om deur die velde te navigeer. Jy kan die spasiebalk gebruik om te deselekteer (verwyder die regmerkie) of om weer te kies (merk 'n veld weer). |

|
|
As jy jou rooster se uitleg wil behou, klik op die Stoor roosteruitleg-knoppie. |



