Groepeer kolomme (Dokumente)
Indien die “Enkelreël metode” nie gekies (gemerk) is nie, sal 'n balk (bo-aan die kolom-opskrifte) "Sleep 'n kolom hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" vertoon word waarop data in geselekteerde kolomme gegroepeer kan word.
Jy kan op 'n verlangde kolom kliek en dit met die muis na bo (op die balk) sleep. Jy kan soveel kolomme as wat jy nodig ag (of wat vir jou sinvol is) op die balk sleep.
Jy kan ook die volgorde van dié kolomme te verander deur 'n kolom (op die balk) te kies en na regs of links te sleep.

Om 'n kolom van die balk te verwyder, kan jy die volgende twee (2) sleep opsies gebruik:

- Kies die kolom opskrif (byvoorbeeld, “Verkoopspersoon”) op die balk en sleep dit na die eerste reël. Indien die muis-wyser 'n groot X vertoon, los die muis-kliek. Die kolom sal in die verstek (of die vorige roosteruitleg wat gestoor is), geplaas word.
- Indien jy die volgorde wil verander, kan jy die kolom op die balk na die tweede reël (kolom opskrifte) sleep en dit na regs of links sleep. Dit sal die kolom in die verlangde posisie plaas wanneer jy die muis-kliek los.
|
|
Indien jy die uitleg wil behou, kliek op die Stoor roosteruitleg-knoppie. |
