Tipes korting 

Daar is basies twee tipes korting: 

  • Handelskorting - Hierdie korting word toegelaat aan jou debiteure (kliënte / klante) vir kontantverkope of aan 'n spesiale klassifikasie of groep debiteure (kliënte / klante), bv. handelskliënte, kleinhandelaars, ens. word toegelaat op die tydstip wanneer jy items of dienste aan jou debiteure (kliënte / klante) verkoop.

Hierdie korting word gewoonlik van die verkoopprys afgetrek ten tyde van die verkoop. Slegs die netto verkoopprys word weerspieël, en geen korting word fisies as 'n transaksie aangeteken nie. Hierdie korting sal die verkoopprys van die verkope verlaag en gevolglik sal jou bruto wins geraak word. 

  • Korting toegelaat vir die vroeë vereffening van rekeninge - Hierdie korting word toegelaat aan jou debiteure (kliënte / klante) ten tyde van die vereffening van hul rekening. Jy kan met jou  debiteure (kliënte / klante) ooreenkom om 'n sekere persentasie korting wat toegelaat word toe te laat, bv. 2½ %, as hulle die volle bedrag binne 30 dae op 'n faktuur vereffen.

Hierdie korting word aangeteken wanneer 'n debiteur (kliënt / klant) die volle faktuur binne die gespesifiseerde tyd vereffen. Hierdie korting moet as 'n uitgawe in 'n "Korting toegestaan"- rekening ingeskryf word, sal die netto wins verminder en sal geen effek op die bruto wins hê nie.

Korting - Dokumente

Daar bestaan hoofsaaklik 2 metodes om 'n persentasie korting (afslag) wat tydens die verkoopstransaksie aan jou debiteure (kliënte / klante) toestaan of die korting (afslag) wat tydens die aankooptransaksie vanaf jou krediteure (verskaffers) ontvang word, te boek te stel. Hierdie korting (afslag) is die handelskorting wat toegestaan of ontvang word. 

  • Item-korting - Jy kan 'n persentasie korting of afslag in die Korting veld van die dokumentinvoer se besonderhede skerm insleutel.
  • Faktuur-korting - Jy kan 'n persentasie korting (afslag) spesifiseer wat op alle transaksies op die dokument van toepassing is. 

Dit is belangrik om kennis te neem dat indien jy reeds 'n persentasie korting (afslag) vir die spesifieke transaksie of voorraaditem gespesifiseer is, sal dié faktuur-korting (algehele of oorhoofse korting) bykomend tot die Item korting wat op die voorraaditem van toepassing is, ook bereken word.

Dit word aanbeveel dat jy een van die twee metodes (die item korting of die faktuur-korting) sal gebruik om korting te bereken en toe te staan of te ontvang, mits jy ook oorhoofse korting op alle transaksies insluitend dié items (transaksies of voorraaditems) waarvoor daar reeds item korting toegestaan is. Beide hierdie metodes kan gebruik word vir - korting toegestaan aan debiteure (kliënte / klante) of korting ontvang vanaf krediteure (verskaffers). 

Korting ontvang

Jy kan ook 'n pryslys of ooreenkoms met jou krediteure (verskaffers) ontvang waarop jy die voorraaditems teen 'n laer aankoopprys kan bekom. Hierdie korting wat krediteure (verskaffers) tydens die aankooptransaksies aan jou toestaan, is die handelskorting wat jy ontvang. 

Hierdie korting sal op aankoopdokumente (bestellings, aankope en verskafferretoere) vertoon word. Die aankoopprys of kosprys sal met die gespesifiseerde persentasie korting (afslag) verminder word. Wanneer die aankoopdokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) word, sal die netto aankoopprys (aankoopprys of kosprys minus enige korting (afslag)) as transaksies na die grootboek opgedateer word. Hierdie korting sal die verminderde bedrag teen die aankope rekening (voorraadkontrole-rekening) te boek stel wat gevolglik ook die bruto wins sal affekteer.

Korting toegestaan

Lyn korting

Hierdie fasiliteit sal die gespesifiseerde persentasie handelskorting wat gedurende die verkoopstransaksie aan debiteure (kliënte / klante) toegestaan word, te bereken. Hierdie korting sal op verkoopsdokumente (kwotasies, fakture en kredietnotas) vertoon word. Die verkoopsprys sal met die gespesifiseerde persentasie korting (afslag) verminder word. Wanneer die verkoopsdokumente na die grootboek opgedateer (geposteer) word, sal die netto verkoopsprys (verkoopsprys minus enige korting (afslag)) as transaksies na die grootboek opgedateer word. Hierdie korting sal die verminderde bedrag teen die verkoperekening te boek stel wat gevolglik ook die bruto wins sal affekteer. 

Oorhoofse korting

Jy kan korting (afslag) toestaan ​​op alle items wat in die dokumentreëls gekies is. 

Om algehele korting (afslag) aan 'n debiteur (kliënt / klant) toe te staan: 

  1. Klik op die F8:Korting-ikoon. Die  "Voer algehele korting in"-skerm word vertoon: 

  1. Tik die persentasie vir die algehele korting (afslag) wat jy aan jou debiteur (kliënt / klant) wil toestaan, en druk die Enter-sleutel op jou sleutelbord. Hierdie korting-persentasie sal op elke item toegepas word.  

Jy kan die korting persentasie oortik, indien nodig. Moet asseblief geen negatiewe persentasies invoer nie. 

As jy die faktuur druk, sal die item-korting en die faktuur-korting in die %-korting-kolom vertoon word. 

  • Indien jy 'n kwotasie na 'n faktuur bevestig en omskep, en jy het enige item- en / of faktuur-korting ingesleutel, sal hierdie korting op die omskepte faktuur weerspieël. 
  • Indien jy wederkerende fakture gegenereer het, wat enige koring insluit, sal hierdie korting ook na die nuwe faktuur gekopieer word. 
  • Indien jy transaksies vanaf ander fakture gekopieer het, wat enige korting insluit, sal hierdie korting ook na die nuwe faktuur gekopieer word.

Korting (afslag) moet op Kredietnotas ingevoer of gespesifiseer word presies soos dit ingevoer of gespesifiseer is op die oorspronklike faktuur waarvoor die Kredietnota uitgereik is.

Debiteurkorting op items

As korting verwerk word op fakture of kwotasies wat nie nie na die grootboek geposteer is nie (ongeposteer / onbevestig) is nie, moet jy dalk die korting terugstel of skrap. Die "Herdoen korting op dokument" opsie is ook beskikbaar vir geposteerde Fakture, maar kan nie uitgevee word nie aangesien jy nie 'n geposteerde Faktuur mag wysig nie.

Om item-korting vir 'n debiteur (kliënt / klant) toe te staan: 

Om 'n spesifieke persentasie korting aan 'n debiteur (kliënt / klant) toe te staan op verkoopsdokumente (Fakture, Kredietnotas en Kwotasies) vir 'n spesifieke voorraaditem (item-korting), moet jy die volgende basiese instellings doen: 

  • Die "Debiteurkorting" persentasie (wat jy sal toelaat vir 'n spesifieke debiteure - (kliënt / kliënt) rekening) moet gespesifiseer word op die Debiteure - Rekeninginligting-oortjie (Verstek-duimgids). 

  • Die "Pas faktuurkorting toe"-veld vir die voorraaditem waarop jy korting sal toelaat, moet gekies word op Voorraaditems (Verstek-duimgids).   

"Pas faktuurkorting toe" - gekies

"Pas faktuurkorting toe" - nie gekies nie

Kies voorraaditems 


In hierdie voorbeeld is die ""Pas faktuurkorting toe""-veld vir die Boorpers gekies en die "Debiteurkorting" persentasie is op 10% gestel vir die debiteur (kliënt / klant) rekening. Die 10% korting sal vir die Boorpers toegepas word. 

In hierdie voorbeeld is die "Pas faktuurkorting toe" veld nie vir die Kompressor gekies nie en die "Debiteurkorting" persentasie is gestel op 10% vir die debiteur (kliënt / kliënt) rekening. Geen korting sal vir die Kompressor toegepas word nie. 

Jy kan die persentasies oortik, indien nodig, jy kan 'n persentasie oortik of 'n persentasie invoer, indien geen korting op 'n item van toepassing is nie. 

Negatiewe / Positiewe korting-persentasies   

Negatiewe persentasie - Vermeerder die verkoopprys

Positiewe persentasie (normaal) Trek af van die verkoopprys

'n Voorbeeld van 'n gedrukte uitleglêer, wat die Debiteurkorting vir 'n spesifieke voorraaditem insluit, is soos volg:

Afronding korting

Jy kan 'n totale korting op die faktuur toelaat, byvoorbeeld afronding van die faktuur vir gestaakde munte, ens. 

Om die faktuurtotaal te verander: Regs-kliek enige plek in die Dokumentreëls "Dokumentinvoer"-vorm, en kies die "Sleutel totaal in"-opsie op die konteks-kieslys. 

 

Tik 'n nuwe totaal (insluitend BTW) vir die faktuur op die "Sleutel nuwe inklusiewe totaal in"-skerm in en druk die Enter-sleutel. 

Die nuwe faktuurtotaal sal vertoon word. Die Inklusiewe en Eksklusiewe bedrae (asook die Belasting) vir elke item sal outomaties dienooreenkomstig herbereken en aangepas word.