Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande (Verslae-kieslys)
Dié "Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande" sal slegs die uitstaande transaksies en transaksies met uitstaande bedrae vertoon. Transaksies wat ten volle in die Oopitem koppeling geprosesseer is, sal nie vertoon word nie.
|
|
Hierdie verslag sluit slegs joernale en dokumente in wat geposteer (na die grootboek opgedateer) is in. Ongeposteerde joernale en dokumente sal NIE by hierdie verslag ingesluit word nie. Om 'n lys van ongeposteerde joernale en dokumente te sien, wat nie na die grootboek opgedateer is nie, gaan na Invoer → Soek vir ongeposteerde items (Verstek-duimgids). |
Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande opsies
Om rekeningstate (uitstaande) vir debiteure te druk:
- Op die Verslae-duimgids, kies Verslae → Debiteure → Debiteurstate. Die Debiteure - Rekeningstate verslag-opsies sal vertoon word.
- Kies "Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande".

- Kies die datum; of sleutel die datum in.
- Sleutel die aantal dae in (byvoorbeeld "30").
- Kies die rekeninge.
- Kliek Goed.
Gedruk : Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande
'n Voorbeeld van die "Debiteure - Rekeningstate - Uitstaande", is soos volg:

|
|
LET WEL - In hierdie voorbeeld, is FAK001 ten bedrae van 1 150,00 nie gelys nie, aangesien die betaling van 2 000,00 aan dié faktuur ten volle gekoppel is. Die oorblywende gedeelte van die 2 000,00 d.i. 850.00 (betaling van 2000,00 - FA000001 ten bedrae van 1150.00) is gekoppel aan FAK003 - 1150.00. Die uitstaande bedrag vir FAK003 is 300,00. |
Die inligting is soos volg:
- Kop (Links) – Die debiteur (kliënt / klant) se inligting wat op die debiteur (kliënt / klant) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is (Debiteure - Verstek-duimgids).
- Kop (Regs) – Die onderneming se inligting wat in die Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is.
|
|
Indien die onderneming se logo in die “Opsies” skerm van die Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids), gelaai is, sal die logo in plaas van die Onderneming se naam en vier (4) adresreëls asook telefoonnommer 1. telefoonnommer 2 en faks nommers, gedruk word. |
- Rekeningstaat tot – Die datum soos wat in die “verslag-parameters” skerm ingesleutel of gekies is.
- Transaksies – Die datum, verwysing en beskrywing asook die bedrag vir elke uitstaande transaksie sal gelys word. Die Betaaldatum is die datum van elke transaksie plus die aantal dae wat in die “Dae verskuldig” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die debiteur (kliënt / klant) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is.
- Kredietlimiet - Die bedrag wat in die “Kredietlimiet” veld op die Rekeninginligting-oortjie van die debiteur (kliënt / klant) se rekening ingesleutel is. Die Balans is die huidige balans van alle geposteerde joernale en dokumente op die debiteur (kliënt / klant) se rekening geprosesseer is. Die bedrag as Beskikbaar word outomaties bereken en is die verskil tussen die bedrae van die “Kredietlimiet” en die “Balans” velde.
- Staatboodskap – Hierdie gedeelte van die rekeningstaat bestaan uit (2) dele:
- Staatboodskap (Links) – Tot en met drie (3) reëls wat in die Afleweringsadres-oortjie van die debiteur (kliënt / klant) se rekening ingesleutel en / of geredigeer is (Debiteure - Verstek-duimgids).
- Staatboodskap (Regs) – Dit is die globale boodskap wat op alle debiteur (kliënt / klant) se rekeningstate sal druk. – Tot en met drie (3) reëls wat in die Rekeningstate opstel-duimgids van die Opstel → Opstel dokumente (Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is sal op rekeningstate druk.
- Bedrag betaalbaar, Datum verskuldig en Bankbesonderhede – Die bedrag betaalbaar asook die datum waarop dié bedrag verskuldig is, word hier gedruk. Die Bankbesonderhede vir Bankrekening 1 wat op die Opstel → Opstel onderneming (Opstel-duimgids) ingesleutel en / of geredigeer is, sal hier gedruk word.


