Registreer osFinancials5
osFinancials en TurboCASH deel dieselfde kodebasis. Ons het dus besluit om weer saam te sluit om 'n enkele plek van inhoud, forum, registrasies en 'n wêreldwye winkel te maak om jou produkte te koop. Om hierby uit te kom, is alles wat jy nodig het om die osFinancials-webwerf te besoek.
Elke keer as 'n ongeregistreerde weergawe van osFinancials5 begin word, sal die volgende bevestiging-boodskap vertoon word:
Hierdie weergawe van osFinancials is tot 500 transaksies of 500 dokumente beperk! Registreer asseblief en skaf 'n lisensie aan!
Dié kopie van osFinancials is nie geregistreer nie! Wil jy dit nou registreer?
Ongeregistreerde weergawes sal jou toelaat om tot 500 transaksies en/of dokumente te verwerk. Sodra hierdie limiet bereik is, sal osFinancials5 geen verwerking van transaksies, in joernale en/of dokumente, toelaat nie.
Sodra jy osFinancials5 geregistreer het, sal jy 'n ontsluitingskode ontvang en verdere transaksies en/of dokumente kan verwerk.
Jy moet osFinancials5 registreer vir:
- osFinancials5 subskripsie - Die jaarlikse intekening sluit die bankimport en email document email pro inprop-programme in.
- Webshop - Webwinkel - Om enige van die kragtige inprop-programme te gebruik, moet jy 'n lisensie vir die meeste van die inprop-programme koop. Voordat jy inprop-programme kan registreer, moet jy eers osFinancials5 registreer.
- Forum - Op die gedeelde forum kan jy onderwerpe (plasings) vind, vrae of kwessies plaas, oplossings vind en aan enige besprekings deelneem.
Om osFinancials5 te registreer:
- Op die Begin-duimgids, kies Aanlyn registrasie.

- Voer die gebruikersnaam en wagwoord in.
- Klik op die Registreer-knoppie. Op die registreer webblad moet jy jou naam, gebruikersnaam, wagwoord en e-posadres invoer.
- Klik op die Stuur-knoppie. 'n Inligting-boodskap word vertoon:
“Registrasie stuur sukses!"
- Klik op die OK-knoppie. Die boodskap "Jy het suksesvol geregistreer!" (e-posadres en gebruikersnaam) sowel as die "Kode" (reeksnommer) sal onder die "Wagwoord"-veld, vertoon word. As jy enige plugins gekoop het, sal hierdie plugins gelys word in die "Om plugins te registreer, moet jy osFinancials eers registreer!" gedeelte van die skerm.
|
|
Bestaande geregistreerde gebruikers kan ook die wagwoord terugstel, die wagwoord verander of direk toegang tot die webshop kry. |
