Die Gereedskap-kieslys bevat vyf (5) opsies.

Toegang tot die Gereedskap-kieslys: 

  1. Op die Opstel-duimgids, kies Gereedskap

  1. Dié volgende vyf (5) opsies is beskikbaar:
    1. Blockchain - By verstek, is dié opsie nie geaktiveer nie.
    1. Data integriteitstoets - Loop 'n a data integriteitstoets en druk 'n integriteitstoets verslag..
    2. Pasmaak taal - Pasmaak (redigeer, wysig en vertaal) taal-lêers.  
    3. Sluit aktiewe vorms - Maak enige aktiewe vorms (byvoorbeeld, dokument-, debiteur-, krediteur-, voorraaditem skerms, ens.)
    4. Aktiveer inprop - By verstek, is geen inprop-programme (“plugins”) wanneer osFinancials5 geïnstalleer is, geaktiveer nie. Hierdie opsie laat jou toe om sekere of slegs geregistreerde of alle inprop-programme te aktiveer of te de-aktiveer. 

Die meeste van hierdie inproppe is onder kommersiële lisensies gelisensieer. Jy moet 'n lisensie koop waarop 'n registrasiekode en instruksies aan jou gepos sal word om die volle kenmerke van hierdie inproppe te ontsluit. Multi-gebruiker en inproppe moet geregistreer word in Inprop → Gereedskap → Registreer inprop-kieslys (Opstel-duimgids).