Voorraad - Wys / Versteek kolomme
|
|
Om jou kolom-voorkeure te stoor, kan jy op die Stoor uitleg ("Save layout")-knoppie op die Opstelling-oortjie in die Gevorderde metode klik. Jou aansig- en rooster uitleg-voorkeure sal beskikbaar wees wanneer jy aktiewe vorms toemaak of die Stel boeke toemaak en weer oopmaak en weer toegang tot voorraaditems kry. |
By verstek sal al nege-en-dertig (39) kolomme vertoon en gelys word in die Voorraaditemlys-skerm vir elke voorraaditemtipe.
Die data in kolomme is gegroepeer in drie (3) bande:
- Links - Lys die ID (voorraadrekord-ID), Voorraadkode, Beskrywing, Laaste aksie datum, Totale voorraadwaarde, Totaal Verwagte verkope op prys 2, en "Delivery delay" (afleweringsvertraging).
- Data - Strepieskode, Voorraadgroep 1, Voorraadgroep 2, Voorhande, Herbestel, Korting, Verkoopprys 1, Verkoopprys 2, Verkoopprys 3, Gem. koste, Eenheidskoste, Eenheid, Rekeningklas, Tipe, Onaktief, Ekstra beskrywing, Inset (BTW-rekeningkode), Uitset (BTW-rekeningkode), Koste (Koste van verkope rekeningkode), Verkope (rekeningkode), Voorraad (rekeningkode), Netto gewig, Bruto gewig, Herbestel by, Vervaardiger, Minimum, Voorraadkode 1 (Verskaffervoorraadkode 1), Voorraadkode 2 (Verskaffervoorraadkode 2), Verskaffer1 (Voorkeurverskaffer 1), Verskaffer2 (Voorkeurverskaffer 2), Kostesentrum en Inklusief.
|
Verstek |
Sorted (gekies) - Alfabetiese lys |
|
|
|
- Regs - Hierdie band is by verstek leeg. Jy kan enige kolom of kolomme van die linker-band of die data-band na die regter-band sleep.
|
|
Jy kan enige van die kolomme op die linker-band na die regter-band en die kolomme van die regter-band na die linker-band sleep en laat val, om die rooster vir jou vereistes aan te pas. |
Versteek / Wys bande
Linker-band - Verwyder die regmerkie in die eerste merk-blokkie. Dit sal die id (voorraadrekord-ID), Voorraadkode, Beskrywing, Laaste aksie datum, Totale voorraadwaarde, Totaal Verwagte verkope op prys 2 en "Delivery delay" (afleweringsvertraging)-kolomme versteek.
Data-band - Verwyder die regmerkie in die tweede merk-blokkie. Dit sal alle kolomme in die data-band versteek.
Regter-band - Verwyder die regmerkie in die derde merk-blokkie. Dit sal alle kolomme in die regter-band versteek (indien enige kolomme na die regter-band gesleep is).

|
|
Die kolom-opskrifte is in drie (3) bande gegroepeer:
|
Versteek / Wys kolomme
Klik op die tweede blokkie - Kolom-opskrifte - 'n Lys van die velde sal gelys word.
Verwyder die regmerkies vir die kolomme om te versteek of kies die kolomme wat jy moet vertoon.
|
|
Jy kan die Op-pyltjies en/of die Af-pyltjies Regs- of Links-pyltjies-sleutels gebruik om deur die velde te navigeer. Jy kan die spasiebalk gebruik om te ontkies (verwyder die regmerkie) of om weer te kies (merk 'n veld weer). |

|
|
Jy kan die volgorde waarin die data in die kolomme vertoon word verander deur een van die volgende opsies op die Opdateertipe te kies:
|
Sleep kolomme
Klik op 'n kolom-opskrif en sleep dit na regs of na links om die volgorde waarin die kolomme vertoon moet word, te verander.




