As die "Enkelreël metode" nie gekies is nie (merk verwyder), sal 'n kolom-balk "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" vertoon word en die soortgelyke data in kolomme kan gegroepeer word. 

Groepeer kolomme 

Kies 'n kolom en klik daarop. Terwyl jy die muisknoppie ingedruk hou, sleep dit na die kolom-balk "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer". Kies enige ander kolom om dit op kolom-balk te sleep en te laat val. 

Jy kan soveel kolomme kies as wat nodig is om jou data te groepeer. Jy kan ook hierdie kolomme na regs of links sleep en laat val om die groepering van hierdie kolomme te verander. 


Verwyder gegroepeerde kolomme 

Om 'n kolom uit kolom-balk "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" te verwyder, kan jy die volgende twee (2) opsies gebruik:

  1. Kies die kolom-opskrif (bv. "Voorraadgroep 1") op kolom-balk "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer", en sleep dit na die eerste reël (bo die kolom-opskrifte). Wanneer die muis-wyser na 'n groot X verander, laat val dit. Die kolom sal outomaties in die korrekte verstek-volgorde (of die plek van die vorige rooster-uitleg) geplaas word. 
  2. As jy die kolom na 'n spesifieke plek wil verander, kies die kolom-opskrif (bv. "Voorraadgroep 1") op kolom-balk "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer", en sleep dit na die tweede reël (kolom-opskrifte). Wanneer jy dit laat val, sal die kolom by die geselekteerde posisie of volgorde van die kolomme gevoeg word.