Die voorraaditemlys-skerm het twee (2) modus-opsies beskikbaar: 

  • Verstek metode - Dit is 'n gewone lys-aansig van die voorraaditems waarop die data in die kolomme nie geredigeer kan word nie. 
  • Gevorderde metode - Hierdie modus sal die volgende opsies aktiveer: 


By verstek is die "Enkelreël metode" gekies (gemerk). Die besonderhede vir elk van die voorraaditems in die lys sal in 'n enkele reël vertoon word. As hierdie opsie gekies word, sal 'n kolom-opskrif "Sleep 'n kolom na hier (met jou muis) om kolomme te groepeer" vertoon word en die soortgelyke data in kolomme kan gegroepeer word. 

Gevorderde metode: Enkelreël metode - Gekies 

As die "Gevorderde metode"-opsie gekies is, sal die byskrif van die Gevorderde metode-knoppie na Verstek verander. 

Dit sal die volgende opsies aktiveer: 

Gevorderde modus: Enkelreël metode - Nie gekies nie

 Die data vir elk van die voorraaditems in die lys kan nie gewysig word nie. Jy moet 'n voorraaditem kies en die besonderhede in die Voorraaditem-vorm redigeer (wysig).

Die kolom-opskrifte is in drie (3) bande gegroepeer: 

  • Links - Klik op 'n kolom en sleep die kolom na die verlangde posisie. 
  • Data - Jy kan dit ook na die regter-band of na die linker-band sleep. 
  • Regs - By verstek is hierdie band leeg. Enige aantal kolomme kan na die regter-band gesleep word.