Voorraad - Opstelling-oortjie
Die Opstelling-oortjie op die voorraaditemlys-skerm sal slegs beskikbaar wees wanneer die Gevorderde metode gekies is. As die Gevorderde metode nie gekies is nie, sal die Opstelling-oortjie nie vertoon word nie.
|
|
Die voorraaditem-skerm kan ook as 'n drywende skerm geloods word vanaf die Invoer → Voorraadaansuiwering-kieslys op die Verstek-duimgids. |

Die Opstellings-oortjie gee vinnige toegang tot die volgende opsies:
- Opstel voorraad - Dit sal die Opstel voorraad-skerm begin. Op hierdie skerm kan jy die voorraadeenhede stel, die verkoopprysbeskrywings verander, die verstekverkoopprys stel. Koste van verkope parameters kan ook gestel word vir die Verstek (handelsvoorraad) en sommige voorraaditem tipes. Jy kan ook dokument-verwerkingsopsies konfigureer.
- Opstel groep - Dit sal die "Groepe"-skerm (Opstel → Groepe op die Opstel-duimgids) begin. Op hierdie skerm kan jy verslaggroepe byvoeg (d.w.s. Voorraadgroep 1 en/of Voorraadgroep 2). Dit kan gebruik word om jou voorraaditems te soek en te filtreer en om verslae te druk.
- NoCalcFields - Geen berekening van velde nie. Hierdie opsie is by verstek gekies (gemerk). As hierdie opsie nie gekies is nie (merk verwyder), sal dit die waardes van sekere velde verander.
- Save layout - Stoor uitleg - Hierdie knoppie sal die "Voorraaditemlys"-skerm rooster uitleg stoor.
|
|
Om jou kolom voorkeure te stoor, kan jy op die "Save layout"-knoppie op die Opstelling-oortjie in die Gevorderde metode klik. Jou aansig- en rooster uitleg voorkeure sal beskikbaar wees wanneer jy aktiewe vorms toemaak of die Stel Boeke toemaak en weer oopmaak en weer toegang tot voorraaditems kry. |
